Biografie sê Motlanthe wil JZ onttroon

2012-10-07 00:20

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Adj.pres. Kgalema Motlanthe spreek sy ongelukkigheid met pres. Jacob Zuma se prestasie as staatshoof uit in ’n nuwe biografie, wat volgens sy ondersteuners ook wys dat Motlanthe gereed is om ­Zuma te takel in Mangaung.

Motlanthe het tot nog toe geweier om openlik te verklaar of hy Zuma gaan uitdaag om die leierskap van die regerende party by die ANC se verkiesingskongres einde vanjaar.

Die boek Kgalema Motlanthe: A Political Biography werp meer lig op die ietwat geheimsinnige politikus en is geskryf deur die oudvakbondleier Ebrahim Harvey.

Dit word in die komende week amptelik bekendgestel.

Die ANC-jeugliga, wat die afgelope week sy steun aan Motlanthe toegesê het, sê die laaste hoofstuk wys Motlanthe sal hul benoeming aanvaar.

Motlanthe se kommer oor en teleurstelling in Zuma se leierskap word in die hoofstuk “A rough run-up to Mangaung” onthul.

Hierin skryf Harvey Motlanthe het gehoop Zuma se administrasie sal die “verskeie groot probleme in die party en regering” oplos. Dit het egter nie gebeur nie.

Motlanthe het ook nie die besluit gesteun om Julius Malema, geskorste jeugligaleier, uit die party te gooi nie. “Ons het die boek gesien en die laaste hoofstuk wys presies wat hy (Motlanthe) wil hê. Dit is ook wat ons wil hê,” het Abner Mosaase, jeugliga-woordvoerder, gesê.

Volgens hom sal die jeugliga begin steun werf vir Motlanthe.

“Kgalema het nie ’n veldtog nie. Ons sal die veldtog dryf totdat die ANC-strukture besluit die tyd is reg vir hom om te staan.”

Harvey het in ’n onderhoud bewerings ontken dat die boek juis nou bekendgestel word om saam te val met die benoemingsproses vir Mangaung.

“Dit is blote toeval.”

Hy het drie jaar lank aan die boek gewerk en meer as 180 uur aan onderhoude met Motlanthe bestee.

Harvey meen Motlanthe “sal waarskynlik” Zuma se leierskap uitdaag as ANC-takke hom benoem. Hy het beklemtoon dat die ANC-leiersverkiesing ’n proses is wat op voetsoolvlak begin.

Verskeie Motlanthe-ondersteuners het ook die afgelope week gesê hulle wil nie nou oop kaarte speel nie uit vrees vir intimidasie.

Die ANC het die afgelope week aangekondig dat KwaZulu-Natal, waar Zuma se grootste steun lê, 974 van die sowat 4 500 stemgeregtigde afgevaardigdes na Mangaung sal stuur.

Die kanse word intussen ook al hoe skraler dat Zuma en Motlanthe tot ’n vergelyk kan kom, het ’n Zuma-ondersteuner op die NUK gesê.

Die wantroue tussen die twee leiers verdiep en daar is groot druk uit die Zuma-kamp dat Motlanthe sy planne rugbaar maak.

“As Motlanthe ’n ware leier is, sal hy nou sê of hy ’n benoeming sal aanvaar,” het die Zuma-ondersteuner gesê.

As gewone mense kon kies

As alle Suid-Afrikaners die land se volgende president by die stembus kon kies, sou adj.pres. Kgalema Motlanthe wen in die stede en pres. Jacob Zuma landwyd, maar met ’n klein meerderheid, volgens die jongste meningspeilings.

Volgens ’n opname deur Ipsos Markinor staan Zuma se steun landwyd op 6,1 uit 10 punte, teenoor Motlanthe se 5,2. Die president se steun styg egter tot 7,1 onder ANC-lede. 3?500 mense het aan die peiling deelgeneem.

Die jongste beskikbare syfers van TNS Re­search Surveys wys Motlanthe het die steun van 39% van stedelinge teenoor Zuma se 32%. Mmanaledi Mataboge



Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.