Boere-Viking val monument aan

2010-11-06 22:27

Mnr. Günther Jurgens Kotzé verduidelik waarom hy die gedenknaald vernietig het. Agter hom is die monument sonder die naald op. Foto: Lisa Hnatowicz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die sogenaamde Boere-Viking sê sy godsdienstige oortuigings het hom genoop om die gedenknaald van die Balmoral-konsentrasiekampmonument naby eMalahleni (Witbank) stukkend te kap.

Die “penis van Satan” hoort nie op ’n “Boere-monument” nie, het mnr. Günther Jurgens Kotzé Donderdag aan Rapport gesê.
Volgens die 32-jarige Kotzé, wat op borgtog en onder huisarres is nadat hy onlangs saam met oudkmdt. Willem Ratte in hegtenis geneem is, is obeliske simbolies van die merk van die dier en daarom moes hy die bepaalde gedenknaald volgens die derde gebod in die Bybel vernietig.

Hy het dit sowat twee weke gelede “op ’n dag van boetedoening” ná 15 dae in die tronk gedoen.

Hy, Ratte en ander word onder meer aangekla van die onwettige besit van wapens en dwelmhandel.

Kotzé werk op ’n plaas vir Ratte deur onder meer die kombuis skoon te hou en by die Volksmoord-museum toesig te hou. Die kerkhof is langs die museum.

Kotzé het foto’s van en verduidelikings oor sy verwoesting van die gedenknaald op sy Facebook-blad geplaas en volgens hom het hy dit ook per e-pos aan mense gestuur.

Hy sê hy behoort nie aan ’n kerk nie, maar is ’n “Sewe”, iemand wat Vrydagaande en Saterdae as die Sabbat gedenk.

Dit is net hierdie mense wat volgens hom “die groot verdrukking” gaan oorleef wat op pad is.

Dr. Jackie Grobler, kultuurhistorikus en kenner van konsentrasiekampe, het die beskadiging van die monument as “ ’n tragedie” bestempel.
“Dit maak my hartseer as ons mense ons eie monumente skend. Dit is ’n simptoom van ’n verwarde gemeenskap.”
Grobler sê verskeie Anglo-Boereoorlog-monumente, maar ook uit die ZAR-tyd voor die oorlog bestaan uit gedenknaalde, soos die Vroue- en die Paardekraalmonument.

“Ek dink nie destyds se mense het énige godsdienstige verbintenis aan gedenknaalde geheg nie. Dit was bloot die teksboekvoorbeeld van hoe ’n monument moet lyk.”

Genl.maj. Gert Opperman, uitvoerende hoof van die Erfenisstigting, het die voorval by die SA Erfenishulpbronagentskap aangemeld.

“Sulke wandade in die naam van ekstremistiese geloof kan nie geduld word nie, nie in Afganistan nie en ook nie in Suid-Afrika nie,” sê hy.

Die Balmoral-terrein is in onderhandelings tussen die stigting en die agentskap as een van 15 prioriteite uitgewys.

Die stigting wil, met staatsfinansiering, die instandhouding van
alle konsentrasiekamp-kerkhowe van die Anglo-Boereoorlog, burgergrafte en krygsgevangenekampe in die buiteland oorneem.

’n Ooreenkoms hieroor kan binne dae onderteken word.

Mnr. Troy Phili, die agentskap se bestuurder van begraafplase en grafte, sê alle grafte van slagoffers van konflik is beskermde terreine.

Verder is die beskadiging van ’n monument kragtens die Wet op Erfenishulpbronne ’n oortreding wat deur die polisie ondersoek moet word.

Die agentskap doen sy eie ondersoek na die voorval en oorweeg of hy hom as klaer wil voeg in die klag wat mnr. Piet Rudolph Woensdag namens die Orde Boerevolk by ’n Pretoriase polisiekantoor teen Kotzé ingedien het.

Volgens kapt. Leonard Hlati, ’n polisiewoordvoerder in Mpumalanga, was die dossier teen Donderdag nog nie na eMalahleni oorgeplaas nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
109 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.