VIDEO: ‘Boere-ninja’ lei regses op

2012-12-22 13:57



’n “Generaal” in ’n verregse selfbeskermingsbeweging wat homself die “Boere-ninja” noem, is ’n sleutelkarakter in die vermeende regse komplot om die ANC-leierskap uit te wis.

Jaco Scherman, die eienaar van Panzer Protection in Springs aan die Oos-Rand en ’n polisiereservis, het aan Rapport erken hy het twee van die vier mans opgelei wat die afgelope week in Bloemfontein in die hof verskyn het in verband met planne om die ANC-leierskap te vermoor.

Scherman ontken hy was by terreurplanne betrokke, maar ’n regse boervrou wat in die tronk sit, sê ammunisie en plofstof wat die polisie in Mei vanjaar op haar plaas gekry het, behoort aan Scherman.

Cornelia de Wet het die afgelope week uit die Middelburg-ge­vangenis aan Rapport gesê sy was ’n lid van Scherman se verregse groep.

Terreurdade is glo in haar teenwoordigheid beplan.

Sy sê sy het kort voor haar inhegtenisneming uit die organisasie bedank en die polisie later van die groep se bestaan vertel.

Kort daarna het die polisie toegeslaan op die plaas Kwaggafontein naby Carolina in Mpumalanga en die 36-jarige De Wet, ’n ma van drie, in hegtenis geneem.

Die polisie het na bewering onder meer R1-patrone, -slagdoppies en Cortex-draad daar gekry en is daarvan oortuig dat die plaas gebruik is vir die opleiding van verregses deur onder andere Scherman.

De Wet se saak kom weer in Januarie voor.

“Scherman se Panzer-maatskappy is niks anders nie as ’n front om regses vir oorlog en terreur op te lei,” sê De Wet.

Scherman het nie gereageer op De Wet se aantygings nie, maar het ontken dat hy regses vir ’n staatsgreep oplei.

De Wet erken egter sy was betrokke by planne om onder meer skole in swart buurte en taxi-staanplekke op te blaas.

De Wet was ’n lid van Leeuwag en die Boere-beskermingsforum (BBF), albei verregse, militante bewegings waarin Scherman ’n generaal is.

Die leier en stigterslid van die BBF is Johan Prinsloo, een van die vier geswore verregse saboteurs wat die afgelope week deur die polisie in hegtenis geneem en van terrorisme en verraad aangekla is.

Prinsloo, Mark Trollip, Hein Boonzaaier en Martin Kevy het in die hof in Bloemfontein verskyn omdat hulle na bewering die ANC-konferensie met mortiere wou opblaas.

Die staat beweer daar was ook ’n plan om Zuma, ministers en ander ANC-hooggeplaastes van naby te skiet.

Die mans se verhoor is tot 8 Januarie uitgestel vir ’n aansoek om borgtog.

De Wet sê die verregses wou in Januarie vanjaar reeds mortiere afvuur in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein waar die ANC sy 100ste bestaansjaar gevier het.

Hulle kon toe nie mortiere in die hande kry nie en het hul visier verskuif na die ANC-konferensie wat die afgelope week op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat gehou is.

Scherman erken sy bande met Prinsloo en Boonzaaier, maar ontken dat hy enigiets van hul planne geweet het.

“Dis waar dat ek opleiding aan hierdie manne gegee het,” sê hy. “Ek het hulle in close combat en dié soort van goed opgelei.”

Scherman het bewerings ontken dat hy ingestem het om ’n staatsgetuie te word en Donderdag deur die polisie ondervra is.

Johan Lubbe, ook ’n verregse, sê die Mangaung-groep het openlik oor hul terreurplanne gespog.

Die organisasies Leeuwag en die BBF het glo sowat 200 gewapende, opgeleide mans wat hul lippe vir ’n staatsgreep aflek. Op Facebook spog Scherman met Panzer se “nood-reaksiespan”, die Buffels, wat volgens De Wet “tot die tande toe” gewapen is.

* Die polisie het aanvanklik ingestem, maar toe versuim om kommentaar te lewer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
117 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Huldah Eloff Van Wyk sê... Die aaklike borde is reusagtig groot.Die borde self is 5 meters breed, en omtrent 4 en n halwe meters hoog! Die 6 ankerpale is 3 meters na agter en na voor. Dit staan voor mooi ou bouvallige huisies en n historiese kerk in Pienaarsig. Die laning Peerbome by die ingang is nou ontsier. All hierdie plekke word gereeld gefotografeer. Toeriste het ook al klagtes ingedien hieroor.Hierdie borde moet asseblief verwyder word. (Voorsitster van die Uilhuisstigting) Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.