Boere staal hulle vir staking

2013-01-08 12:16

KAAPSTAD. – Die Wes-Kaap staal hom vir ’n hernude landboustaking oor plaaswerkerlone.

Dié dreigende staking kan plase weer verlam midde-in een van die besigste tye vir die vrugtebedryf.

Die aanvanklike staking verlede jaar het tot miljoene rande se skade en selfs lewensverlies gelei.

Vakbondverteenwoordigers het gesê egter as boere nie voor môre ’n behoorlike loonaanbod maak nie, sal die staking onbepaald hervat word.

Landbou-organisasies het gesê hulle sal nie toegee aan eise of dreigemente van werknemers of vakbondorganisasies nie.

Dr. Theo de Jager, visepresident van AgriSA, het gesê dié organisasie se lede voel daar moet gehou word by die amptelike prosedures waarvolgens lone vasgestel word. “Ons kan nie buite dié prosesse gaan nie. As ons dit doen, sit ons elke jaar met soortgelyke staking­aksies.”

Plaaswerkers se daglone is reeds deur die minister van arbeid tot einde Maart vanjaar op R69,42 per dag vasgestel. Vakbonde sê werkers soek egter ’n minimum dagloon van R150.

Die departement van arbeid en ander rolspelers is tans besig met ’n sektorale vasstellingsproses wat ’n nuwe minimum loon vir die landboubedryf vasstel.

Enige nuwe loon sal egter waarskynlik eers op 1 April in werking kan tree. Vakbonde en plaaswerkerorganisasies eis egter dat ’n hoër minimum loon dadelik van krag moet wees.

Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, het gesê die sektorale vasstellingsproses sal net help om lone vir die nuwe jaar (van April) vas te stel.

“Maar niks verhoed werkers om nou vir beter lone te onderhandel nie. Enigiemand kan onderhandel. Die boere maak nou baie geld, maar die werkers moet met die minimum klaarkom.”

Cosatu het gister met die departement van arbeid vergader.

Musa Zondi, woordvoerder vir die minister van arbeid, het gesê ’n oplossing moet deur onderhandelings gevind word. Hy het gesê die departement meen die onderhandelingsproses buite die sektorale vasstellingsproses is in orde.

“Die landboubedryf is nie soos ander bedrywe nie. Net sowat 6% van werkers behoort aan vakbonde, dus is dit moeilik om te bepaal wat werkers se behoeftes is.”

De Jager het gesê Agri SA se lede het aangedui hulle is bereid om “die hou nou op die neus te vat”.

“Die boere besef te goed as die amptelike prosesse nou ondermyn word, kan dié soort stakings dikwels onbeheerd uitbreek, soos ’n mens nou sien in ander sektore soos die mynbousektor. Die streep moet egter nou in die sand getrek word.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Martha Dean sê... @Saamprater, maar ek was ook by verskeie geleenthede waar Christene God gesmeek het vir Sy Genade oor Suid Afrka en Afrika en Hom gekroon het as Koning van konings en Heerser van heersers. Kom ons wag en kyk wat doen die landsbewoners volgende stemdag. Satan kan niks doen sonder God se toestemming nie, lees Job. Mense moet eerder hulle vertroue stel in God en nie mense nie, God self sal Sy vyande vernietig maar eers moet die mense Hom daarom vra (voorbeeld Farao en ander Goddelose Konings) Nou wil almal Zuma en die voorvadergeeste grootmaak? Nonsens in die oortreffende trap. Dis ons Christene wat die Here verraai en die land op 'n skinkbord vir God se vyande gee. Wie weet of Mogoeng nie 'n antwoord op Gebed is nie. Ek glo hy is. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.