‘Boeremag-lokval’

2012-10-09 10:11

Polisie-spioene het glo bewyse geplant, Boeremaglede uitgelok en aangehits om misdrywe te pleeg, word in ­nuwe beëdigde verklarings beweer.

Verder word beweer die beskuldigdes en hul regsverteenwoordigers is tydens aanhouding deur misdaadintelligensie afgeluister.

Altesame 20 Boeremag-samesweerders is reeds aan hoogverraad skuldig bevind in die hooggeregshof in Pretoria.

Prof. Pierre de Vos, ’n grondwetkenner, sê indien die bewerings onder eed die waarheid is, kan die Boeremag-saak nietig verklaar word. Die beskuldigdes kan dan selfs vrygelaat word.

Die hofsaak duur al nege jaar en kos sowat R100 miljoen. Die hofrekord beloop 50 000 bladsye en bewysstukke is in verskeie stoorkamers verpak. Die staat het sover 159 getuies geroep.

Media24 se ondersoekspan het onafhanklik ’n afskrif van ’n beëdigde verklaring deur ’n voormalige intelligensie-eenheid-offisier bekom waarin spesifieke bewerings gemaak word.

Dít sluit in polisie-onderduimsheid en die beskikbaarstelling van plofstowwe aan die samesweerders.

’n Vooraanstaande advokaat van Pretoria het die afgelope week bevestig hy tree op vir “senior en betroubare” polisielede wat in beëdigde verklarings uiteensit hoe misdaadintelligensie die Boeremag-beskuldigdes aangehits, mislei en uitgelok het.

Die advokaat, wat as gevolg van die sensitiwiteit van die saak anoniem wil bly, het gesê hy het die owerheid reeds ingelig en die verklarings aan hulle oorhandig.

Media24 se ondersoekspan het ’n beëdigde verklaring in sy besit wat in Augustus deur kapt. Deon Loots, ’n voormalige misdaadintelligensie-offisier, gemaak is.

Hierin word huidige en voormalige misdaadintelligensie-offisiere uitgewys wat volgens Loots ’n veldtog teen die Boeremag gevoer het.

Hy beweer ook afluistertoestelle is geplant in die beskuldigdes se selle en vertrekke waar hulle met hul regsverteenwoordigers gekonsulteer het.

Hy sê die polisielede – almal wit – wou hul toekoms by die “nuwe bestuur” van die polisie verseker en het die Boeremag-ondersoek hiervoor gebruik.

Loots sê in sy verklaring dat hy sedert 1994 namens misdaadintelligensie die regtervleuel ondersoek het.

Hy het die polisie-agent JC Smit gewerf en hanteer wat die Boeremag ge-infiltreer het en die hoofstaatsgetuie was. Sy getuienis is deur die regter as geloofwaardig beskryf.

Loots sê hy glo nie al die Boeremag-lede was onskuldig nie, maar dat die groep deur misdaadintelligensie se agente uitgelok en aangehits is.

Hy sê die berugte “Dokument 12”, wat deur die hof bestempel is as die Boeremag se meesterplan vir ’n gewelddadige staatsgreep deur regses, is op sy eie rekenaar getik en aan geskaaf voordat dit aan die Boeremag gegee is.

Die hof het bevind die Boeremag-leier, Mike du Toit, was in besit van “Dokument 12” en dat hy dit bespreek en onder ander samesweerders versprei het.
“Die Boeremag was aangedryf, georkestreer en beheer deur polisielede.

“Regses was aangehits om die regte klimaat te skep,” sê Loots.

Paul Kruger, ’n prokureur wat vir 13 van die Boeremaglede optree, sê die verdedigingspan het heeltyd vermoed dat daar na hul samesprekings geluister is.

’n Afluistertoestel is in Desember 2003 in die sel van die beskuldigde Lets Pretorius in die Pretoria-Sentraal-gevangenis se maksimum veiligheidsafdeling gevind. Kruger het ’n beëdigde verklaring bekom waarin ’n tronkbewaarder dit bevestig het.

Twee kenners het ook bevestig dat dit ’n hoogs gesofistikeerde en sensitiewe toestel is wat in goeie werkende toestand was.

* Toe hy die afgelope week gevra is waarom hy nou eers besluit het om die beëdigde verklaring te maak, het Loots gesê dat hy jare lank probeer het om sy bewerings onder die aandag van sy meerderes te bring, maar telkens weggewys is.
Die polisie het onderneem om teen eergister op die bewerings te reageer, maar hulle het tot gisteraand in gebreke gebly om kommentaar te lewer.

* Lees ook hier.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
42 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... . En Rieks, to eek hom eendag op sy geboortenaam 'Blip' gevvra het wat sy geloofsoortuigings is, het hy hom daarvan weerhou om homself daaroor uit te spreek. Baie vol van homself (en dit is waarop ek hom toe gewys het) om ander wat hul Geloof uitspreek, aan te val, maar weier om sy eie uit te spreek. Vandat hy van naam tot naam rondval en profielfotos van andere gebruik, blyk hy 'n uitgesproke ateïs te wees. 'Johannes Someything' met 'n swart profielfoto het weer plek gemaak vir 'Drama Queen' met 'n soort van Charlie Chaplin gesig. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.