‘Boeremag-saak was nooit regverdig’

2012-10-08 07:09

Die voormalige misdaadintelligensie-offisier kapt. Deon Loots beweer die polisie het ’n Boeremag-insypelaar opgelei in die gebruik van plofstof met die doel dat hy dit later aan die hoogverraad-samesweerders sou oordra.

Loots was die werwer en hanteerder van die polisie-agent JC Smit, wat die Boeremag geïnfiltreer en later hoofstaatsgetuie geword het.

Loots sê Smit was in sy (Loots se) huis opgelei in hoe om plofstof te gebruik. Die doel daarvan was dat hy die Boeremaglede moes wys hoe om plofstof te vervaardig en gebruik.

’n Bom wat die Boeremag gemaak en geplant het, het die dood van ’n vrou veroorsaak.

Loots werp meer lig op “Dokument 12”, die meesterplan wat die kern van die saak teen die aangeklaagdes is en as die bloudruk van die samesweerders beskou word.

“Die dokument was sedert die aanvang van die ondersoek op my skootrekenaar aangepas en verander en deur ’n ander polisieman reggeskaaf. Die dokument het nie onder die regses ontstaan nie, maar is aan hulle opgedis,” sê Loots in ’n beëdigde verklaring.

Hy sê afluistertoestelle en mini-video-opnemers is in die selle van die beskuldigdes, die hofselle en die konsultasiekamers geïnstalleer om hulle te monitor. Volgens hom is ’n senior polisie-offisier na die VSA om die jongste tegnologie hiervoor aan te koop.

“Ek het persoonlik die monitors dopgehou terwyl die aangeklaagdes die saak en getuienis met hul regsverteenwoordigers bespreek het.”

Hy sê alles was op ’n rekenaar en is versend na ’n plek wat in misdaadintelligensie se hoofkantoor in Erasmuskloof in Pretoria as die “oorlogskamer” bekend gestaan het.
Loots sê dit het die vervolgingseenheid in staat gestel om altyd een stap voor die verdediging te wees en sodoende hul strategie teen te werk.

“Die saak was nooit regverdig nie en die vertrouensposisie tussen aangeklaagde en regsverteenwoordiger was hierdeur geskend,” sê Loots.

Hy sê geen van die staatsgetuies, veral die agente en polisiemanne, het hul eie beëdigde verklarings opgestel nie. Die weergawes is volgens hom deur ’n senior intelligensie-offisier verander om te sorg dat dit die gebeure bevestig. Daarna moes hulle dit soos “papegaaie” onderteken.

Loots sê hy het die polisie aan die einde van 2001 verlaat, maar het aangebly as die agent wat Smit hanteer het. Sy huwelik met ’n ander offisier het hom toegelaat om tot 2010 te weet wat in die binnesirkel aangaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
98 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.