Boland-brandgevaar

2012-02-04 10:13

STELLENBOSCH. – Die brandgevaar in die Boland is nog lank nie iets van die verlede nie en die publiek is gemaan om versigtig te wees.

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) het ’n “rooikode”-gebied verklaar weens die droë plantegroei en omdat hy bekommerd is dat die brande nog verder kan versprei.

Dié naweek word temperature in die hoë 30’s in die Boland verwag met ’n stormsterk suidoostewind.

Mnr. Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, het in reaksie op die talle brande die laaste paar weke in die Boland gevra dat mense versigtig moet wees.

“Ons ondervind ’n onverwagte aantal brande in die gebied. Die grootste deel van ons mannekrag is reeds ontplooi.”

Bredell het gister bygevoeg die brandlyne in die Groenberg-gebied en in die Limietberg is tans stabiel, maar die helikopters bombardeer die vlamme in die gebiede wat geraak words steeds aanhoudend met water.

“Die sterkerwordende wind kan egter groot probleme veroorsaak,” het hy gesê.

“Die ammunisiefabriek naby Tulbagh word steeds bedreig.”

Mnr. Hermie Visser van die KWDM het gesê die plaas Kranskop by Tulbagh, die gewese Krygkor-gebied, is steeds in gevaar.

“Solank as wat daar hitte en vlamme is, sal ons die situasie dophou. Ons het weer twee Oryx-helikopters van die lugmag en ons eie kontrakhelikopter in die lug. Die wind raak sterker en die brandomstandighede is ideaal.

“Ons is nou juis besig met ’n voorbrand met die hulp van die helikopters, maar die vlamme staan nou in die uitheemse bosse – daar is enige gemors, van rooikrans tot bloekombos.”

Hy het bygevoeg ’n span van 24 brandslaners en agt voertuie van die KWDM is deurentyd aan diens. Hulle ruil gereeld skofte sodat almal genoeg rus kry.

* Oor die brande verlede week in Tesselaarsdal en Stanford het mnr. Riaan Jacobs van die Overstrand-munisipaliteit gesê hulle hou die situasie steeds dop, “maar ná die reën gister en eergister is die brande hier vir eers in bedwang”.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.