‘Brandstof laat helikopter val’

2012-08-18 23:49

Frikkie Lutzkie se Augusta A119-helikopter word op ’n vragmotor weggery nadat dit einde Mei ’n noodlanding in die Noord-Kaap moes doen. | Foto: Volksblad

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die brandstofmeter van sy ­Augusta A119-helikopter was foutief toe hy ’n noodlanding in die Noord-Kaap moes doen, sê Frikkie Lutzkie, ’n sakeman van Mpumalanga.

Skaars 24 vlieguur voor die vliegongeluk in Mei het hy R800?000 betaal vir die versiening van sy helikopter by Precision Aviation Services (PAS), sê hy.

“Die meter het gewys daar is nog 156 liter brandstof in die tenk toe die enjin in die lug gestaak het.”

Lutzkie sê ná die ongeluk het hy en ’n span tegnici die petroltenk oopgemaak en daar was net 37 liter brandstof oor.

“Daar is altyd 37 liter in die tenk oor sodat daar nie water en vuiligheid in die enjin beland nie. Dit staan bekend as unusable fuel.”

Lutzkie sê PAS kan ook nie vir hom die weegsertifikaat gee wat bewys dat ’n kalibreringtoets gedoen is om te verseker die brandstofmeter werk nie.

“Ek het van dag een af gesê ek het sonder brandstof geval.”

Lutzkie sê hy is verontrus dat Augusta nie ná die ongeluk wêreldwyd hul helikopters wat tien jaar oud is op die grond gehou het om seker te maak die brandstofmeters werk nie.

“En as my heli ordentlik versien is, sou die rekord getoon het dit (die meter) is foutief.”

Oor die omstandighede rondom die ongeluk sê Lutzkie hy lag net vir al die gerugte.

Soos dat ’n verdoofde luiperd aan boord wakker geword het en omgekrap die vlieënier glo gedwing het om vinnig te land.

’n Ander storie was dat renosterhorings gesmokkel is.

“Ek het by Askam geval. As jy dáár ’n renoster kry, moet jy ’n watertenk op sy gat vasmaak, want hy gaan nie andersins oorleef nie.

“En as daar ’n luiperd sou wees, sal sy kolle swart en wit wees soos wat die son hom al verbleik het,” spot Lutzkie.

Volgens hom gaan hy en die mans in sy familie een keer ’n jaar na die Kalahari om Bybelstudie te doen “en om nader aan God te beweeg”.

“Daarna gaan jag ons ’n week lank ... sonder vrouens, sonder ander vrouens en sonder drank.”

Hy sê hy was juis op ’n jagtog toe die helikopter se enjin gestaak het. Die helikopter het op sy sy geval.

Lutzkie het self met ’n saag ingeklim en die lemme en voetstutte afgesaag.

“Ek het 2 km van huisies af geval. Die lemme weeg 100 kg elk. Sou ’n kind kom en die heli se knoppie druk om dit aan te skakel, slaan daardie lemme hom morsdood.”

Lutzkie sê die rede dat hy die helikopter gekamoefleer het was juis om dit so onopsigtelik moontlik vir kinders te maak.

Hy sê ook hy wou die tuig uit die sig van ander helikopters hou omdat daar onder meer R160 000 se radiotoerusting aan boord was.

“Daar is verskeie redes hoekom ek die Augusta met takke toegepak het.”

Lutzkie sê hy dink nie hy sal die helikopter laat regmaak nie.

“Ek wil nie in ’n draadkar vlieg nie. My senuwees is nou klaar vir helikopters vlieg. En sou ek dit weer doen, moet die heli twee brandstofmeters hê.”

Lutzkie, ’n gewigopteller, bokser en hokvegter, het onlangs ook die nuus gehaal toe hy drie ontkleedanseresse vir sy seun se 16deverjaardag gehuur het.

Hy het in 2010 ’n aanslag op sy lewe oorleef toe aanvallers met ’n sub-masjiengeweer op hom losgebrand het.

***

Die raaisel rondom ’n helikopter van R30?miljoen wat in Mei in die Noord-Kaap geval het, kan binnekort opgelos word.

Die tuig behoort aan die omstrede sakeman Frikkie Lutzkie van Mpumalanga.

’n Span ondersoekers, onder wie die balju en tegnici, het Vrydagoggend toegeslaan op Precision Aviation Services (PAS) se perseel by die Wonderboom-lughawe in Pretoria.

Beslag is op verskeie dokumente gelê.

Adv. Bertie Blom van die balie in Kaapstad het Donderdagmiddag ’n Anton Piller-bevel bekom nadat PAS geweier het om dokumente beskikbaar te maak oor Lutzkie se helikopter.

Dié Augusta A119 het neergestort skaars 24 vliegure nadat dit teen R800 000 versien is.

PAS is die enigste gemagtigde Augusta-agent in Suider- Afrika.

Volgens Peet Viljoen, wat as agent vir Lutzkie optree, glo hulle die helikopter is nooit behoorlik versien nie.

“Frikkie moes ’n noodlanding doen. Daarna het hy herhaaldelik vir die rekords gevra oor hoe sy helikopter versien is, maar PAS het geweier.”

Viljoen sê hulle het toe die bevel gekry om die dokumentasie te bekom. “Ons vermoed iemand was erg nalatig.”

Lutzkie was die vlieënier tydens die ongeluk. Hy sê die brandstofmeter was foutief.

Viljoen sê hulle het Vrydagoggend al die toepaslike inligting van die rekenaars gehaal.

PAS het navrae na hul prokureur, Lionel de Villiers, verwys. Hy sê die saak is sub judice en hy gaan nie nou kommentaar lewer nie.

Marié Bray, die Burgerlugvaartowerheid (BLO) se woordvoerder, sê die ongeluk word steeds ondersoek. “Dit is nog héélwat ver van klaar.”

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-25°C High level clouds. Mild. Pta: 10-26°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-22°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 11-25°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 18-26°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!