Brekfis vir R37 m.

2013-01-20 00:02
Eskom

Eskom

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Drie van die land se grootste maatskappye in staatsbesit dok miljoene rande op om sake-ontbyte van die Gupta-familie, boesemvriende van pres. Jacob Zuma, te finansier.

Die Guptas is die eienaars van die koerant The New Age, wat by sy reeks sake-ontbyte al gasheer was vir sprekers soos ­Zuma, Jeff Radebe, minister van justisie, en Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings.

Transnet het al R17,5 miljoen vir 18 ontbytsessies opgedok, Eskom het tussen November en einde verlede jaar R7,2 miljoen betaal om ses sessies (teen R1,2 miljoen elk) te borg; en die SAUK het die koerant nie ’n sent gevra om hul ontbyte regstreeks op SABC2 uit te saai nie.

Vroeër is berig dat Telkom in die 2012-’13-boekjaar altesame R12 miljoen opgedok het om 12 van dié sake-ontbyte te borg.

Dié onthullings kom in dieselfde week dat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) openbare verhore gehou het oor Eskom se voorgestelde kragverhoging van 16%.

Eskom se borgskap van die ontbyte van The New Age is betaal uit sy begroting vir die 49M-inisiatief vir energiedoeltreffendheid.

Gary Naidoo, woordvoerder van die Guptas, sê hy vind die fokus op sy kliënte “baie vreemd en oneties”.

“Dieselfde kliënte verskyn in jul koerant en dit lyk asof jul vrae gemotiveer word deur ’n vrees vir ’n verlies aan markaandeel. Dit blyk jul motief is om ’n ­afskrikmiddel te vind vir dié kliënte wat inkoop by ons visie van ‘trots Suid-Afrikaans’, en dat dit heeltemal onafhanklik is van die publikasie van gebalanseerde nuus.”

Die multimiljoenrand-borgskappe het aan die lig gekom in Gigaba se antwoorde in die parlement op vrae deur Kenneth Mubu, DA-LP. Mubu het gesê The New Age is ’n “ANC-nuusblad” en Transnet en Eskom se verhouding met The New Age tas die regering se beeld aan.

“The New Age se eienaars het ’n baie noue en gemoedelike verhouding met pres. Zuma,” het Mubu gesê.

Hy meen dis verkeerd dat die regering die koerant se sake-ontbyte finansier.

Zuma is ’n familievriend van die Guptas en Zuma se seun Duduzane dien in minstens ­nege rade saam met Gupta-familielede, waaronder dié van Sahara Holdings en Shiva ­Uranium.

Een van Zuma se vroue, ­Bongi Ngema, is die hoof van kommunikasie en bemarking by die Guptas se JIC Mining Ser­vices.

In November het Mail & Guardian berig daar is “drie stelle Gupta-vingerafdrukke” op ’n verband van R3,8 miljoen op eiendom in Waterkloofrif wat aan Ngema behoort.

Transnet en Eskom het die afgelope week hul borgskap van die ontbytsessies verdedig. Hilary Joffe, woordvoerder van Eskom, sê die maatskappy het besluit om die sessies te borg ná wedersydse besprekings wat ’n geruime tyd geduur het.

Transnet en Eskom beweer hul borgskap het “leierskap in denke” en “die noodsaak om krag te bespaar” aangemoedig, asook hul handelsnaam gebou.

Transnet het tussen Oktober 2011 en November verlede jaar meer as R8,5?miljoen aan advertensies in The New Age bestee, luidens dokumente in die besit van City Press, Rapport se susterkoerant.

Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder, sê die ooreenkoms tussen die SAUK en The New Age is ’n “wen-wen-ooreenkoms omdat ons inhoud verkry wat ons help om die publiek in te lig”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
85 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.