Breytenbach bedryf g’n stalle, hoor tugverhoor

2012-07-28 23:56

Die geskorste teenkorrupsie-advokaat Glynnis Breytenbach word daarvan aangekla dat sy ’n “perdestal-onderneming” bedryf het.

Maar dié “onderneming” is teen ’n verlies bedryf: Breytenbach het na ’n vriend se perd gekyk en R1 000 per maand uit haar eie sak betaal om die perd te voer.

Die perd is intussen dood.

Dit was een van die onthullings die afgelope week deur adv. Wim Tren­gove SC, wat Breytenbach in haar tugverhoor verteenwoordig, in vuurwarm kruisondervraging van die ondersoeker Hercules Wasserman.

City Press, Rapport se susterkoerant, verneem Wasserman se getuienis is die ruggraat van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se saak teen Breytenbach.

Nóg die waarnemende NVG-hoof, adv. Nomgcobo Jiba, wat Breytenbach se skorsingsbrief geteken het, nóg Breytenbach se baas, adv. Lawrence Mrwebi, gaan teen haar getuig.

Twee van die aanklagte teen Breytenbach hou verband daarmee dat sy nie haar ongemagtigde inkomste uit die “bedryf van ’n perdestal-onderneming” en die verhuring van ’n woonstel geopenbaar het nie.

Trengove het gesê Breytenbach het die perd op stal gehou vir ’n vriend se seun en “sy het hulle net R1 000 gevra, want dit was al wat hulle kon bekostig”.

“Dit het adv. Breytenbach in werklikheid R2 000 per maand gekos (om die perd op stal te hou),” het Trengove gesê.

Hy het dit aan Wasserman gestel dat die aanklagte “simptomaties was van die ywer” waarmee die NVG Breytenbach vervolg het.

Trengove het Wasserman ook daarvan beskuldig dat hy deur Breytenbach se e-posse gegaan het om verdere aanklagte teen haar te vind.

Hy het gesê aanklagte met betrekking tot die media en haar ekstra inkomste het niks te doen gehad met die klag oor Imperial Crown Trading (ICT) nie.

Breytenbach word daarvan beskuldig dat sy NVG-beleid oortree het deur hulp te aanvaar van adv. Mike Hellens, wat vir die klaer – Kumba Iron Ore – in die ICT-ondersoek opgetree het.

Breytenbach beweer egter dat die 15 dissiplinêre klagtes teen haar ’n poging is om die voormalige misdaadintelligensiehoof Richard Mdluli teen vervolging te beskerm.

Wasserman het in kruisverhoor verskeie kere verwys na “regsamptenare” wat nog sal getuig oor die opstel van die aanklagte en die verdere ondersoek van ’n klag teen Breytenbach deur ICT.

Die oorspronklike getuielys bevat net die name van Wasserman, twee ondergeskikte ondersoekers, die NVG se kommunikasiehoof, Bulelwa Makeke, ICT se regsverteenwoordiger, Ronnie Mendelow, en die ICT-direkteur Archie Luhlabo.

Die NVG behou hom egter die reg voor om verdere getuies te roep.

Wasserman het onder meer die volgende in kruisondervraging toegegee:
* E-posse tussen Breytenbach en die Beeld-joernalis Sonja Carstens – wat meestal oor welsyngeldinsameling gehandel het – het nie enige amptelike inligting oor die NVG bevat nie;
* Wasserman weet nie hoekom ­Jiba Breytenbach se skorsingsbrief geteken het twee dae voor die NVG se spertyd vir Breytenbach om op die beskuldigings teen haar te reageer nie;
* Breytenbach is nie deur die NVG-bestuur besonderhede gegee oor die rede vir haar skorsing nie;
* ’n Berig dat sy media-onderhoude toegestaan het wat die NVG gebruik het om aanklagte teen Breytenbach te regverdig, was eintlik gegrond op wat Breytenbach in ’n beëdigde verklaring vir die arbeidshof gesê het; en
* ’n Forensiese verslag wat die NVG verkry het, wys dat geen inligting voor 30 April, toe Breytenbach geskors is, van haar skootrekenaar geskrap is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.