Brink: ‘agendas en - helaas - afguns’ is rede vir debat

2009-12-12 22:15

Die skrywer André P. Brink, wat die afgelope week ’n herrie moes deurstaan rondom sy ontvangs van die Jan Rabie en Marjorie Wallace-skrywersbeurs, het teruggekap na dié wat hom hiervoor verkwalik.

Brink het voorverlede week dié beurs van R350 000, geadministreer deur die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), ontvang. Die beurs laat die wenner toe om ’n jaar lank te fokus op die skryf van ’n roman.

Verskeie meningskrywers het die afgelope week teen Brink losgetrek oor sy aansoek vir- en aanvaarding van die beurs. Hulle meen die beurs moes aan ’n jong skrywer, verkieslik bruin en verkieslik uit “minder gegoede” omstandighede afkomstig wees.

Brink het Vrydag eksklusief aan Rapport gesê dit is “duidelik dat die beswaar eintlik teen die kleur van my vel en/of my gewaande ‘bevoorregte’ ekonomiese posisie gerig is.

“Oor die kleur as sodanig het ek alreeds gesê dat ek eerlik sou hoop dat ons teen dié tyd by hierdie benouende apartheidsdenke verby is.”

Hy sê die reglement van die beurs het dit pertinent uitgespel dat die wedstryd bedoel is vir ’n belowende skrywer óf ’n skrywer van aansien.

“Ek was nog nooit ten gunste van regstellende aksie nie, veral in die sakewêreld, wanneer dit nie gaan om verdienste nie maar om ’n politieke gebaar: uiteindelik word so iets ’n belediging vir álmal wat daarby betrokke is...”

Brink wys ook daarop dat hy allermins die enigste gevestigde skrywer is wat om die beurs aansoek gedoen het.

“Ongelukkig is hierdie hele debat totaal onnodig vertroebel deur mense met verskuilde agendas, irrasionele motiewe en – helaas – doodgewone afguns.”

Prof. Steward van Wyk, voorsitter van die UWK se departement Afrikaans en Nederlands en een van die keurders, sê “10 tot 15” van die 92 aansoeke wat ontvang is, was van gevestigde of bekende skrywers afkomstig.

Hierteenoor sê hy ongeveer ’n derde van die aansoeke het van jonger skrywers met min publikasies agter hul naam gekom.

Hy en die skrywers E.K.M. Dido en Chris Barnard het as keurders opgetree. Hul besluit was eenparig.

Van Wyk sê die beurskomitee wil moontlik deur regskanale werk om die kriteria minder “vaag” te maak.

Brink se beoogde roman heet voorlopig Philida en sal afspeel teen die agtergrond van slawerny in die 19de eeu in die omgewing van Franschoek.

Prof. Brink se volledige antwoorde op Rapport se vrae

Rapport: Wat lê volgens jou aan die kern van meningskrywers soos Zelda Jongbloed se ontevredenheid met jou aanvaarding van die beurs?

Brink: Ek vind dit byna onmoontlik om te sê wat myns insiens die “kern” van die dame se betoog is omdat die aanval so verwarrend en vol teenstrydighede is dat dit moeilik is om veel helderheid of logika daarin te soek. Ek mag bysê dat verskeie van haar redaksielede my die afgelope week per e-pos, SMS of telefoon van hul ondersteuning en begrip verseker het. Ek probeer in ieder geval my bes.

Ek is bereid om dit hierdie één keer aan te spreek, ter wille van die paar mense wat dit in hierdie debat ernstig en eerlik bedoel; en dan nie weer nie.

Dan moet ek reguit sê dat daar tot dusver veral twee motiewe agter die kampanje duidelik word: ongelukkig is dit, ten spyte van al die vroom ontkennings en stofstrooiery, duidelik dat die beswaar eintlik teen die kleur van my vel en/of my gewaande “bevoorregte” ekonomiese posisie gerig is.

Oor die kleur as sodanig het ek alreeds gesê dat ek eerlik sou hoop dat ons teen dié tyd by hierdie benouende apartheidsdenke verby is.

Ek dink ek het Jan en Marjorie in die meer as vyftig jaar van ons vriendskap goed genoeg leer ken om hulle oortuiging oor kleur volledig te deel; in my skryfwerk het ek oor daardie halfeeu oor en oor die lot van die bruin en/of swart mens in Suid-Afrika sentraal in die kollig gestel en my voortdurend by die apartheidsowerheid in gevaar gestel deur my met die miskende en onderdrukte meerderheid Suid-Afrikaners téén die blanke oorheersers te vereenselwig.

Dit het in Houd-den-Bek spesifiek teen die agtergrond van slawerny gebeur en in my nuwe roman, Philida, hoop ek om daarop voort te bou. Maar dit het nie net in my werk gebeur nie.

Ook rondom my boeke het ek oor baie jare talle en talle bruin en swart beginnerskrywers, swart, bruin en wit, bygestaan – met hulp, redigeerwerk, raad, bystand (ook geldelik) en meelewing – en hulle gehelp om hul manuskripte persklaar te maak en in verskeie gevalle uiteindelik te laat publiseer.

Toe ek self ’n beginner was, het dit meermale gebeur (veral waar dit om die CNA-prys gegaan het) dat een van my werke moes meeding met skrywers soos Eybers, Van Wyk Louw of Opperman – en dan het ek gereeld uitgeval en hulle het gewen. Ek kan my nie herinner dat ek enigeen van hulle dit ooit verkwalik het dat hulle beskou is as beter as ek nie.

Hulle wás, en ek het hulle gegun wat hulle verdien. (En vir die Rabie/Wallace-beurs het ek self ’n “opkomende skrywer” bygestaan om te help met die aansoek – en ek sou van blydskap gehuppel het as dié kandidaat gewen het.)

Rapport: Dink jy hierdie soort kommentaar is op enige manier geregverdig?

Brink: Sulke kommentaar is alleen geregverdig as daar klaarblyklik ’n mistasting of bevooroordeeldheid by die beoordeling was. In hierdie geval het die UWK uit sy pad gegaan om te sorg vir ’n onbevooroordeelde waarde-oordeel deur drie onafhanklike keurders onder toesig van ’n komitee (en laat ons asseblief in gedagte hou dat hul oordeel, oor meer as negentig inskrywings, eenparig was).

Ek was nog nooit ten gunste van regstellende aksie nie, veral in die sakewêreld, wanneer dit nie gaan om verdienste nie, maar om ’n politieke gebaar: Uiteindelik word so iets ’n belediging vir álmal wat daarby betrokke is – baie spesifiek vir die persoon wat glo die “voordeel” daaruit moet trek, maar ook vir die welbedoelende toepassers van die beleid.

By die beoordeling van die literatuur behoort presies dieselfde te geld. (Of ek sélf in die omstandig­hede liewer nie moes aansoek gedoen het nie?) Die reglement van die beurs het dit pertinent uitgespel dat die wedstryd bedoel is vir “?’n belowende skrywer” óf “skrywer van aansien” – en deelnemers is pertinent versoek om hul “rekord as skrywer” uiteen te sit. Ons is dus gevra om ervaring en erkenning by die aansoek te pas te bring.

Ek weet uit persoonlike navrae dat dit presies was wat Marjorie met haar testament in gedagte gehad het. Sowel in die testament as in die reglement wat vir die beurs gepubliseer is, word dit uitdruklik uitgespel dat die toekenning bedoel is vir die beste kandidaat, nie vir enigiemand met dié of dáárdie agtergrond nie.

Daar was nêrens bymotiewe nie. Dit het uitsluitlik gegaan om gehalte – en juis om daardie rede weet ek dat daar verskeie gevestigde skrywers deelgeneem het – verreweg nie net ek nie!

Vir my lê die waarde van die toekenning verál daarin dat dit afkoms­tig is van twee mense wat ek so goed geken het en met wie ek soveel jare soveel van my lewe gedeel het (sedert ons eerste ontmoeting teen 1956, totdat Jan my teen die einde van sy lewe gevra het om sy Paryse dagboek persklaar te maak en Marjorie my genooi het om haar laaste retrospektiewe uitstalling te open).

Wat my finansies betref, gaan dit regtig niemand behalwe myself aan nie! Al wat ter sake is, is dat ek my hele lewe lank gewerk het om elke sent te verdien wat ek uit skryf gemaak het – daar was nêrens meevallers of hulp van buite nie. (Behalwe één keer, dertig jaar gelede, toe ek Rapport se blokkiesraaisel gewen het.)

Ek weet van ’n hele paar jong skrywers wat finansieel beter daaraan toe is as ek; en al wat ek my kan verwerdig om daarby te sê, is dat ek meer as genoeg rede gehad het om aansoek te doen. (Die klaarblyklik afgunstige siel wat uitgewei het oor my beweerde besoek aan Wene om ’n opera by te woon, het byna al haar feite verkeerd. En ek kan nie iemand ernstig opneem wat klaarblyklik nie weet waarvan sy praat nie.)

Ongelukkig is hierdie hele debat totaal onnodig vertroebel deur mense met verskuilde agendas, irrasionele motiewe en – helaas – doodgewone afguns. Dáármee kan en wil ek nie in gesprek tree nie.

Rapport: Jou beoogde tema vir die boek is diep bemoeid met slawerny en die lot van “minder gegoede’’ mense in ons land se geskiedenis. Sou jy sê dat die beoogde boek self so sterk oor die onregte van?die verlede (en die geïmpliseerde hede) spreek dat dit op sigself eintlik ’n boek is wat die saak aanroer en dat die naam van die skrywer dus onbelangrik is en die boek self eintlik die beursontvanger is? Dalk kan jy uitbrei oor hoe jy hierdie verhouding beskou.

Brink: Ja, ek is oortuig daarvan dat hierdie beurs baie duidelik gefokus word op die produk wat daaruit moet voortkom. En daaroor kan mense eers werklik besluit wanneer die projek mettertyd voltooi is en gepubliseer word.

Die hele onderneming is ingestel op wat daaruit mag spruit, dit wil sê uit die gehalte van die voorlegging oor die projek wat beoog word. En daardie produk is uit die staanspoor ingestel op ons slawegeskiedenis: dus op die mense uit wie vandag se bruin Suid-Afrikaners gebore is en wat aan die Afrikaanse taal sy eerste beslag gegee het.

Dwarsdeur my hele loopbaan as skrywer was dit die geval, en ek het dit in my voorlegging aan die UWK duidelik gemaak in watter mate dit ook in die nuwe roman sal gebeur. En ek het meer as genoeg skrifte­like getuienis van Jan (en skilderye van Marjorie) om hul waardering daarvoor te staaf.

Rapport: Laastens: Jy was self welbekend met Jan en Marjorie. Sekere briefskrywers?reken?hulle “draai in hul grafte om’’ oor die toekenning van die beurs. Jy het hulle immers persoonlik geken – kan jy asseblief lig werp hierop en eerder die beurs soos vervat deur die gees van Jan en Marjorie verduidelik?

Brink: Ek meen, met alle respek, dat nie een enkele van die mense wat tot vandag toe oor die toekenning gekla het (en dit sluit die belastingbetalers van Vermont in) vir Jan en Marjorie so lank geken het as ek nie. Dit gaan by almal, soos Joan Hambidge al gesê het, om “persepsies”, nie om “feite” nie.

Ek het Jan en Marjorie as intieme vriende ’n halfeeu lank liefgehad. Ek sou nooit énigiets gedoen het wat aan daardie vriendskap onwaardig sou wees nie.

Ek wens dat vandag se luidrug­tige beswaarmakers dieselfde sou kon sê.


- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

louis.heydenrych sê... Vrygelaat op parool omdat hulle swart is . Die Boeremag lede is al agt jaar in die tronk en die saak is nog steeds nie afgehandel nie omrede daar nie genoegsame bewyse is nie . Het geen moord gepleeg nie maar word aangehou en mens kan verstaan hoekom hulle probeer ontsnap . Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-25°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.