Broekloos op Gautrein, soos in 40 wêreldstede

2011-01-08 22:49

Mnre. Zander Burger en Ben Pienaar op die Sandton-stasie tydens 'n oefenlopie vir vandag se broeklose Gautrein-rit. Foto: Dawid Roux

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dis tyd vir broeklosmaak op die Gautrein!

So meen ’n groepie vriende van die Oos-Rand wat mense op die sosiale netwerk Facebook uitgedaag het om vandag ’n broeklose (of romplose) treinrit mee te maak.

Maar let wel: Daar word van jou verwag om ordentlike onderklere aan te hê… So dis darem nou nie ’n kwessie van heeltemal uithaal en wys nie.

“Dis sommer net vir die pret,” sê mnr. Ben Pienaar (32), die broekloos-organiseerder.

Die Gautrein-rit is beplan in reaksie op ’n uitnodiging aan mense wêreldwyd om vandag ’n stoute treinrit mee te maak ter herdenking van die eerste broeklose treinrit in New York tien jaar gelede.

Die Facebook-vriende is genooi om by die Gautrein-stasie in Sandton op te klim.

Sodra hulle op die trein is, waai die broeke en rompe.

En by die Marlboro-stasie word daar afgeklim en aangetrek.

Pienaar erken hy weet nie hoe wettig die amper-kaal rit is nie. “Maar dit kan tog nie onwelvoeglik wees nie?

“As kaal bene jou ontstel, stel ek voor jy verlaat nie jou huis in die somermaande nie. In elk geval is ons ‘alternatiewe’ broeke soortgelyk aan rugbybroekies.”

Die broeklose treinrit is tien jaar gelede die eerste keer gedoen deur die sosiale groep Improv Anywhere, met die doel om hulself en die niksvermoedende publiek met allerlei manewales te vermaak.

Video’s daarvan word op YouTube gesit, waar Pienaar daarvan bewus geraak het.

“Hulle daag al die afgelope drie jaar stede wêreldwyd uit om dit ook te doen en ek dink dis tyd. Sowat 40 stede het aangedui dat hulle Sondag (vandag) broekloos op treine gaan ry.

“Ons wil mense vermaak en hul reaksie toets,” sê hy.

Een vrou het Pienaar gevra of sy haar kinders na die broeklose rit kan bring. “Ons sal seker maak ons trek nie voor kinders uit nie. As die broeke eers uit is, sal die kinders nie van beter weet nie. Dit gaan lyk of ’n klomp strandgangers verdwaal het.

“Hoe die ouers die situasie aan hul kinders gaan verduidelik, is ’n heel ander storie.”

Pienaar het 1600 uitnodigings gestuur en teen Donderdag het 50 mense dit aanvaar.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.