Brose Joost in ’n rolstoel

2013-04-13 23:47

Joost in 2003.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die rugbyheld Joost van der Westhuizen is nou so verswak dat hy by tye in ’n rolstoel oor die weg moet kom.

Hy het baie broos gelyk toe sy vriend, Quinton van der Walt, hom Woensdagaand op ’n rolstoel ingestoot het by die bekendstelling van Tony Leon se boek oor sy tyd as ambassadeur in Argentinië.

Sy hande het amper leweloos bo sy skoot gehang en hy het op die rolstoel gesit terwyl hy met die gaste gesels het.

Joost het op twee besoeke aan Argentinië op uitnodiging van Leon daar ’n heldeontvangs gehad.

’n Motorneuronsiekte is ná sy eerste besoek by hom gediagnoseer.

Die voormalige Blou Bul was gisteraand nie op Loftus Vers­feld in Pretoria toe talle oud-spelers van die Bulle saamgetrek het vir die 75ste bestaansjaar-vieringe van die Noord-Transvaalse unie, wat nou die Blou Bul-unie is.

Adri Geldenhuys, ’n voormalige Bok-slot van die Bulle en Bok-spanmaat van Joost in 1994, het gesê Van der Westhuizen se omstandighede laat dit seker nie toe dat hy daar kon wees nie.

“Ek wens hom alle beterskap toe. Hy was ’n great speler en is ’n great mens. Vanaand is ’n baie sentimentele geleentheid, ’n mens dink baie terug. Dit is ’n voorreg om gesond genoeg te kan wees om hier te kan wees.”

Drikus Hattingh, nog ’n oudslot wat saam met Van der Westhuizen vir die Blou Bulle gespeel het, het gesê dit is hartseer dat Van der Westhuizen nie daar was nie.

“Ons dink aan hom. Dit is ’n groot voorreg om hier te kan wees. Alle eer aan Jesus wat ons gespaar het.”

Joost was nog op die been toe hy twee weke gelede in Kaapstad saam met ander voormalige rugbykapteins afdrukke van sy hande laat maak het vir die Springbok Experience-rugby­museum.

Hy het egter toe al baie moeilik geloop en gepraat.

Al takel die MNS Joost se liggaam die afgelope twee jaar af, bly die voormalige Springbok-skrumskakel moedig te oordeel aan sy Twitter-boodskappe.

“Wat ’n wonderlike dag om op wakker te word! Hoop julle het ’n goeie een! Leef asof dit jou laaste is!” het hy vroeg die oggend voor die boekbekendstelling getwiet.

“Mense wil weet of sy toestand gaan verbeter, en dis wat so hartseer is, want dit gaan nie.

Hy kan dit net bestuur, en dit doen hy deur positief te bly,” het Nathania de Kock by navraag gesê.

Sy is die woordvoerder van Joost se J9-stigting waarmee hy geld invorder vir MNS-lyers en bewustheid van die siekte bevorder.

Sy het bevestig dat hy pas begin het om ’n rolstoel te gebruik. Hy kan egter steeds loop.

“Dit hang maar af. Dis ’n dag-tot-dag-ding. Hy gebruik dit as hy ’n geleentheid bywoon wat uitputtend is of as daar lang afstande is,” het Nathania gesê.

“Maar sy veggees is so sterk soos altyd.”

Sy wou nie sê waarom Joost besluit het om nie gister se 75ste viering van die Blou Bulle by Loftus Versfeld by te woon nie.

“Ek weet net dat hy besluit het om nie te gaan nie.”

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Louis Oosthuizen dra by die Meesterstoernooi in Augusta, Amerika, die J9-logo op sy hempskraag.

Louis is self betrokke by ’n stigting vir minderbevoorregte gholfspelers.

“Joost en Louis het koppe bymekaar gesit oor hoe hulle onderskeie stigtings mekaar kan ondersteun, en Louis se voorstel was om die J9 op sy kraag te dra, iets waaroor Joost baie geëerd voel,” sê Nathania.

Die twee stigtings gaan deur die loop van die jaar verskeie gholfdae aanbied vir MNS-bewusmaking en om spelers van Louis se stigting meer geleenthede te bied.


Joost: vanjaar.

 

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-15°C Rain late. More clouds than sun. Cool. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-10°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-19°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Showery. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Konsultante

Randburg
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R35 000 Per Month

Afrikaans Sales People needed

Pretoria
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R15 000 Per Month

Afrikaans Sales People needed

Hatfield
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R15 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!