Bruilof gaan draai in dam

2010-03-13 23:20

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Elke voornemende bruid is bang dat reën haar groot dag bederf.

Die pasgetroude mnr. Hoffmann van der Walt en me. Marli van der Walt (née Wentzel) het egter nooit kon dink hulle gaan pens en pootjies in die dam beland nie – en dit tydens die neem van die troufoto!

Nadat die paartjie verlede week by die Dragon Peaks-vakansieoord naby Winterton gekerk is, wou hulle ’n groot groepfoto saam die gaste op ’n houtdek met die Drakensberge op die agtergrond hê.

Almal was besig om rond te skuifel vir die foto toe hulle ’n aardige kraakgeluid onder hul voete hoor.

“Daar was nog ’n gespot oor wie dan so dik is dat die dek so kreun, toe protesteer die dek wéér onder sy vrag,” vertel me. Alet van der Walt, die bruidegom se suster.

“Die volgende oomblik het die houtstutte besluit genoeg is genoeg en reg agter die bruidspaar gebreek,” sê Alet.

Byna al die gaste “behalwe ’n handjievol wat soos vinke aan die houtreling gehang het”, het met ’n benoude gil in die water beland.

Mnr. Hubert Wentzel, die fotograaf en bruid se broer, kon darem een foto van die groep én die ramp neem voordat hy besluit het om liewer met die reddingspoging te help.

Die bruid se ma, me. Hester Wentzel, het met rolstoel en al gesink en moes blitsig uitgehaal word.

Van die jongste gas, ’n baba van 11 maande, tot die oudste, die bruid se ouma van 88 jaar, is deur enkele omstanders uit die water gehelp.

Slegs een gas, mnr. Christo van der Walt, is beseer toe ’n groot houtsplinter in sy bobeen gesteek het.

’n Paar jonges het die drywende skoene, handsakke en selfs ’n deftige hoed uit die dam gevis.

’n Bordjie dui aan dat die dam tot 4?m diep is, maar dit was aansienlik vlakker waar die dek gebreek het en slegs enkeles was heeltemal onder die water.

Nadat hulle weer veilig op droë grond was, het die bruidspaar doodluiters die fotograaf nader geroep om die fotosessie voort te sit.

Hoffmann se twee susters, mee. Alet van der Walt en Beppie van der Merwe, het hul nuwe skoonsus se sopnat en modderige sleep met ’n brandslang skoongespuit.

Die damduikery het gelukkig nie ’n spreekwoordelike nat kombers oor die huweliksonthaal gegooi nie.

Die bruidspaar kon nie vir kommentaar bereik word nie, aangesien hulle tans ’n welverdiende wittebrood in die hoofsaaklik droë Namibië geniet.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Johan sê... Dit is mos nie hulle geld wat hulle mors nie en vir hulle honger COMRADES se hulle voertsek sorg vir jou self, ek is happy. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.