Buchan, Zille bid vir beter SA

2010-03-06 22:55

Me. Helen Zille, DA-leier en Wes-Kaapse premier, staan met toe oë terwyl die gewilde prediker Angus Buchan bid tydens gister se Christen-saamtrek voor die Uniegebou in Pretoria.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Christene het gister in hul duisende na die allerheiligste plek van die Suid-Afrikaanse regering opgeruk om te pleit dat dinge in die land radikaal verander.

Op die gras voor die Uniegebou in Pretoria het politici soos me. Helen Zille, DA-leier, hul hoofde gebuig sodat God se seën oor hulle afgebid kon word. Predikers het gepleit dat “goddelose wette” verander word. Mense is opnuut aangemoedig om hulle te bekeer.

En een van die sprekers het selfs gepleit dat die Grondwet aangepas word om God uitdruklik te erken.

Predikers soos Angus Buchan en Graham Power, asook dr. Pieter Mulder, VF+-leier, en die rugbyspeler Pierre Spies was onder die sowat 15 000 wat die Turn2God-saamtrek bygewoon het.

“Ek weet van geen ander plek ter wêreld waar soveel mense in die setel van die regering byeen kan kom om God te prys nie,” het Buchan gesê.

Die mees politiek gelaaide woorde was dié van ds. Bennie Mostert, predikant van die NG kerk Moreletapark. Die skare het hom hoorbaar beaam toe hy gesê het Suid-Afrika se huidige probleme is deels daaraan te wyte dat God nie in die Grondwet en ander wette erken word nie.

“Ons is sondaars onder die hand van ’n toornige God. Ons het gestem vir ’n Grondwet wat God nie erken nie. Ons het huwelike tussen mense van dieselfde geslag gewettig en só die verbond van die huwelik verwoes. Ons het aborsie, wat moord is, gewettig.”

Die gehoor het hande geklap toe Mostert gesê het die vigsepidemie sal slegs gestuit word deur ’n terugkeer na Christelike sedelikheid.

“Ons sal nie vigs in dié land met net ’n stuk rubber hokslaan nie.”

Nog ’n prediker wat dié sentimente beaam het, was me. Linda Gobodo van die Vuka Africa-gebedsnetwerk, wat gesê het Suid-Afrika het wette aanvaar wat ’n gruwel is. Ds. Elza Meyer, organiseerder van die saamtrek, het gesê dit is tyd dat Suid-Afrikaners God moet nader om opnuut ’n verbond met Hom te sluit, soos al in die verlede gebeur het.

“In 1654 het Jan van Riebeeck en sy mense ’n verbond met God aangegaan en gesê hulle sal sy volk wees. In 1836 het dieselfde gebeur toe die mense in KwaZulu-Natal in vreesbevange verwondering voor God gestaan en gesê het hulle sal sy volk wees.”

Buchan het in sy rede ’n paar keer na die omstrede kwessie van pornografie verwys. Ouers moet hul seuns verbied om pornografie by die huis in te bring, het hy gesê.

Agter die verhoog het hy sy hartseer uitgespreek oor MultiChoice se oorweging van ’n moontlike porno-kanaal.

Politici is verhoog toe genooi sodat van die predikers vir hulle kon bid terwyl mense in die skare ook hul arms in ’n gebaar van seën gelig het. Meyer het Jesus se seën op Zille afgebid, waarna Buchan vir pres. Jacob Zuma (nie aanwesig nie) gebid het.

“Ek bid, o God, dat u hierdie man se lewe sal aanraak, selfs in die vroeë oggendure sodat hy volgens u wil kan leef,” het Buchan gebid.

Zille het aan Rapport gesê sy deel die skare se geloof dat liefde baie belangrik is.

Mulder het gesê hy stem in sekere opsigte saam met die saamtrekkers omdat die VF+ ’n Christelike party is.

Hy dink mense moet Christelike waardes aktief uitleef. Hy is egter nie so seker dat Christelikheid deur wette afgedwing moet word nie, maar meen dit moet eerder vrywillig uitgeleef word.

Gister se byeenkoms was gelaai met simboliek. Me. Hettie Brittz, vrou van die gospelsanger Louis Brittz, was lid van ’n groep wat met vlae en fakkels nadergedraf het.

En die geleentheid is afgesluit met ’n wit perd wat in die rigting van die Uniegebou gelei is terwyl iemand op ’n ramshoring blaas, as simbool van God se Woord wat uitgedra moet word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
167 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

louis.heydenrych sê... Vrygelaat op parool omdat hulle swart is . Die Boeremag lede is al agt jaar in die tronk en die saak is nog steeds nie afgehandel nie omrede daar nie genoegsame bewyse is nie . Het geen moord gepleeg nie maar word aangehou en mens kan verstaan hoekom hulle probeer ontsnap . Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.