Bybel het taal tóé laat blom

2013-08-24 23:32

Die 80ste verjaardag van die eerste volledige Bybelvertaling in Afrikaans is Sondag in Pretoria gevier met ’n gedenkdiens by die Voortrekkermonument.

Die eerste volledige Afrikaanse vertaling is bekend gestel op 27 Augustus 1933, Dinsdag presies 80 jaar gelede.

Dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK wat die gedenkdiens gereël het, beskryf die Afrikaanse Bybel­vertaling as “seker die belangrikste mylpaal” vir die ontwikkeling van Afrikaans.

“Die Bybelvertaling het gehelp met die standaardisering van Afrikaans wat die voorwaarde was vir die ontwikkeling van Afrikaans as ’n hoë- funksie- akademiese, ekonomiese en juridiese taal.”

Hy sê op sy beurt het dit gelei tot ’n ontploffing in die Afrikaanse letterkunde, insluitende boeke, tydskrifte en liedere.

“Die impak wat die 1933-Bybel gehad het op Afrikaanssprekendes kan nooit onderskat word nie. Te midde van ’n verwoestende droogte, ’n verstedelikings- en politieke krisis hoor Afrikaanssprekendes skielik God se Woord in hul eie taal.

“Skielik kommunikeer God nie meer ver in Hoog-Hollands nie, maar hoorbaar en verstaanbaar in ’n eie taal. Dit het aan die kultuurarm mense van die dertigerjare selfvertroue gegee. ’n Kombuis-, huis- en tuintaal het ’n kanseltaal geword.”

Die FAK stel ook Sondag ’n huldigingsbundel bekend, De Bijbel in Het Afrikaans, met wetenskaplike artikels, persoonlike getuienisse en herinneringe oor die eerste Afrikaanse Bybelvertaling.

Die historikus en taalkundige Jaap Steyn skryf onder meer dat, hoewel oproepe om ’n Afrikaanse Bybel reeds sedert die 1880’s opgeklink het, daar aanvanklik teenstand was teen ’n Afrikaanse Bybelvertaling “omdat Afrikaans nog in die maak was” (nog nie gestandaardiseer was nie).

Toe ds. J.D. Kestell vroeg in 1920 van sommige studente verneem hulle lees eerder die Engelse St. James-vertaling omdat die Nederlandse Statebybel vir hulle onverstaanbaar begin word het, het die druk om die Bybel te vertaal nuwe impetus gekry.

* Tydens vandag se gedenkdiens word vader Zacharias van Wyk van Robertson en vader Jacobus van der Riet van Johannesburg vereer vir hul werk die laaste paar jaar om die liturgiese tekste van die Ortodokse Kerk in Afrikaans te vertaal. Danksy hul werk kan die meeste van die Ortodokse kerkfeeste en alle eredienste nou volledig in Afrikaans gevier word.

Die verrigtinge begin om 17:00 in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument.

Almal is welkom.

1 Korinthiërs vers 1

King James Bible (1611)
Though I speak with the tongues of men and of angels, and have not charity, I am become as sounding brass, or a tinkling cymbal.

Statenbijbel
(1637)
Al ware het, dat ik de talen der mensen en der engelen sprak, en de liefde niet had, zo ware ik een klinkend metaal, of luidende schel geworden.

Die Bybel (1933/1953-vertaling)
Al sou ek die tale van mense en ­engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ’n klinkende metaal of ’n luidende simbaal geword.

Die Bybel
(1983-vertaling)
Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword.

Die nuwe lewende vertaling(2006)
Al sou ek enige taal op aarde of selfs in die hemel kon praat, maar ek kom die liefde kort, het ek ’n galmende trom of ’n klinkende simbaal geword.

Die Bybel vir almal
(2007)
Miskien sal ek die tale van mense en van engele kan praat, maar as ek nie lief is vir God en vir ander mense nie, dan is ek soos ’n klok of soos ’n simbaal wat net raas.



Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 5-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: -1-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-23°C Partly cloudy. Mild. PE: 14-17°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!