Bybel in een hand, miljarde in ander

2012-08-06 06:00

Só lyk Herman Pretorius se seweslaapkamerhuis in Voëlklip, Hermanus. Luidens ’n artikel in die tydskrif House & Leisure het die Pretoriusse die huis vir “naweke, vakansies en noodsaaklike blaaskanse” gebruik.| Foto: James Silverman

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Met die Bybel in die een hand en miljarde rande van niksvermoedende beleggers in die ander hand het ’n oudpolisieman van Piketberg meer as ’n dekade lank ’n ­super-ryke se lewe geleef.

Die verhaal van ’n man wat hom as kerkman en rots in sy gemeenskap voorgehou het terwyl hy deur ’n netwerk van maatskappye, beslote korporasies, trusts en skemas miljarde rande van beleggers onwettig en op twyfelagtige wyse bestuur het, het die afgelope week ontvou.

Wyle Hermanus Dempers (Herman) Pretorius (55), die baasbrein agter die Abante-groep en die nou berugte Relative Value Arbitrage Fund (RVAF), is die afgelope week veras nadat hy na bewering die vorige week sy voormalige vennoot Julian Williams (37), hoof van die Basileus Capital-groep, eers in die bors en nek en toe homself in die kop geskiet het.

Volgens hofstukke is R1,8 miljard wat in die fonds deur ’n geraamde 3 000 beleggers belê is, soek.

Twee predikante – Braam Hanekom van die NG Kerk en Rod Botsis van die Presbiteriaanse Kerk – het Woensdag die begrafnisdiens van Pretorius in die NG kerk Welgemoed in Bellville gelei.

Hanekom, moderator van sy kerk in die Wes-Kaap, het gesê hoewel hy niks van die sakewêreld weet nie, wil hy aan politici, die media en ander sê: “Leuens en halwe waarhede maak mense dood.”

Botsis het uitgewei oor Pretorius wat 100 haweloses “van die strate en uit die slote” gehaal en in huise geplaas het.

Op die begrafnis het ’n verhaal ontvou van ’n gewilde en geliefde gemeenskaps- en gesinsman wat baie vir ander gedoen het. Rapport het vasgestel dat Pretorius ook R120 000 “van sy eie geld” aan Piketberg se NG gemeente geskenk het sodat die kerkgebou verlede jaar geverf kon word.

Bekende WP-rugbyspelers en –skeidsregters het die diens bygewoon. Pretorius, wat ’n kranige gholfspeler was, was ook ’n skeidsregter wat onder meer in wedstryde waaraan sy seuns deelgeneem het by die private spogskool ­Bishops, geblaas het.

Pretorius het ’n Aston Martin-sportmotor gery en in twee ultraluukse huise in onderskeidelik Welgemoed, Bellville, en Voëlklip, Hermanus, gebly. Die Hermanus-huis, wat deur drie argitekte ontwerp is, is vandeesmaand op die voorblad van die glanstydskrif House & Leisure.

Die seweslaap­kamerhuis het al die geriewe van ’n “luukse lewe” en word as super-luuks bestempel.

Die dag ná die begrafnis het sommige ontstoke beleggers toegesak op Abante se hoofkantoor in Bellville waar van die oorblywende personeellede die deure gesluit en agter in die kantore weggekruip het. Die polisie is later ontbied.

Een belegger het geskreeu: “Tharine (Swart), ek weet jy is daar binne. Jy was vinnig om die geld te vat, nou kruip jy weg. Jy gaan met jou groot gat in die tronk beland.”

Swart was een van die regterhande van Pretorius, wat volgens verskeie bronne beleggers oor jare heuning om die mond gesmeer het.

Eduard Brand, die enigste oorblywende trustee, asook Swart antwoord sedert Dinsdag nie hul telefone nie. Claude Delport en Shani Swanepoel, albei administratiewe personeellede by Abante se hoofkantoor, het Donderdag gesê die kantore sal tot Maandag toe wees.

By Rapport se besoek het die kantore vol bokse lêers gestaan, terwyl daar verskeie briewe opgestapel was van mense wat hul geld wil onttrek.

***

Pretorius se twyfelagtige sakepraktyke is blootgelê nadat die prokureursgroep Mostert & Bosman Woensdag daarin geslaag het om vir die voorlopige sekwestrasie van die Relative Value Arbitrage Fund (RVAF)-trust aansoek te doen. In ’n beëdigde verklaring het die enigste oorblywende trustee, Eduard Brand, gesê Pretorius het alles beheer. En dat amper niks van die R1,8 miljard oor is nie.

Die trustakte stipuleer dat daar te alle tye drie trustees moet wees, dat nie net een enkele persoon dit mag beheer nie en dat finansiële state beskikbaar moet wees. Brand se verklaring – wat onder eed gedoen is – toon ’n bespotting is van die akte gemaak.

Die katnes van ongerymdhede rakende die RVAF het nie net strafregtelike implikasies vir Brand nie, maar ook belastingimplikasies vir van die beleggers wat oor jare “rente” van die trust ontvang het, het regskenners gesê.

Pierre du Toit, prokureur van Mostert & Bosman, sê vrae oor die rol van die Finansiële Diensteraad moet ook gevra word. “Hoe kon dit so lank toegelaat gewees het?”

In die hofstukke is aangevoer die trust is moontlik as “sogenaamde piramideskema” bedryf. As die trust finaal gesekwestreer word, kan geld ook terugwerkend van beleggers verhaal word, het regskenners gewaarsku.

Intussen het ontstoke beleggers, onder wie bejaardes en ook gestremdes wat “al hul geld” in die trust gestort en op die rente (tot 20%) gelewe het, gesê dit is “onmoontlik” dat al die geld weg kan wees.

“Die papierspoor moet net gevolg word,” het een gesê. Groepe beleggers het die afgelope week gekoukus oor watter likwidateur hul belange die beste kan dien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
56 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.