Carte Blanche haal skouers op oor Inge se lyk

2012-09-17 06:04

Ja, hulle gee toe hulle het die ouers van die vermoorde Matie-student Inge Lotz “leed aangedoen en ontstel” deur haar lyk op TV te vertoon.

Nee, daar bestaan geen reëls dat oorledenes se naasbestaandes in kennis gestel moet word voordat ’n foto gepubliseer word nie.

Trouens, “die lyke van oorledenes word gereeld op TV gewys”.

So het M-Net Vrydag namens die ondersoekende TV-program Carte Blanche gereageer nadat ­Inge se ouers, prof. Jan en mev. Juanita Lotz van Bellville, onlangs by die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) beswaar gemaak het omdat hul vermoorde kind se lyk (haar agterkop en ’n deel van een been) in ’n dokumentêre program, Forensics Investigated, vertoon is wat in September 2008 en Januarie 2009 uitgesaai is.

Die Lotze het reeds drie jaar gelede ’n klag hieroor by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien.

Weens gebrekkige terugvoering van die MRK het die egpaar einde Augustus hul besware ook na prof. Kobus van Rooyen, UKKSA-voorsitter, geneem.

Juanita Lotz word in ’n meestersgraadstudie aan die Universiteit van Stellenbosch aangehaal as dat sy nooit anders as “lewend en gesond” aan haar dogter gedink het nie.

“Nou (ná die program) is daar nie ’n oomblik dat ons nie aan haar vermoorde liggaam dink nie.

“Die invloed van daardie program op ons lewens het oor jare niks verminder nie.”

Aan Van Rooyen skryf Jan Lotz in ’n brief: “Ek dink nie dis onredelik om te sê Carte Blanche het koelbloedig en onredelik opgetree nie.

“Hulle het dit nooit eens oorweeg watter verskriklike leed dit vir ons sou veroorsaak nie.”

Hul eie menseregte is aangetas, asook die menseregte en privaatheid van hul dogter, voer die Lotze aan.

“Die foto’s was boonop dié van ’n misdaadtoneel, in ’n misdaad wat tot vandag onopgelos is. Dis dus ’n bewysstuk wat aan die staat behoort.”

M-Net en Carte Blanche het Vrydag by navraag van Rapport so gereageer: “Ons het geen uitsaaireël oortree nie. Die program het gehandel oor die problematiek rondom die forensiese bewysstukke.

“’n Verminkte lyk is nie vertoon nie, maar wel ’n beskikbare foto van die moordtoneel waarop een van die bewysstukke duidelik sigbaar was en waarop ’n klein deel van die agterkop van die vermoorde gedeeltelik gesien kon word. Ons hanteer sulke mate­riaal so sensitief moontlik. Die foto is doelbewus in die redigeerproses ge-blur.

“Ons wou nie die naasbestaandes van die oorledene ontstel nie; net die manier waarop forensiese bewysstukke gehanteer kan word, blootlê.

“Ons volg dieselfde joernalistieke etiek as ander hoogaangeskrewe publikasies en TV-netwerke met nuus- en ondersoekende stories.

“Daar is geen regs- of etiese ­reël dat naasbestaandes in kennis gestel moet word alvorens ’n storie of foto van oorledenes gepubliseer word nie.

“Hul lyke, hetsy in ’n natuurramp, moordsaak of ongeluk, word gereeld op TV gewys.

“Die MRK meen ons het nie verkeerd opgetree nie.”

Oor wie dié bewysstuk aan hulle verskaf het, sê Carte Blanche: “Dis joernalistieke praktyk om bronne vertroulik te hou, maar dié materiaal het deel gevorm van hofverslae.

“Ons het geen bedoeling gehad om prof. Lotz en sy gesin te ontstel en leed te besorg nie. Ons dra ons meegevoel aan hulle oor met die verlies van hul dogter.”

Volgens Jan Lotz “is dit duidelik dat daar geen begrip is vir die uitwerking wat dié koelbloedige optrede op naasbestaandes het nie.

“As Carte Blanche glo hulle het binne die reg en norme van ’n beskaafde samelewing opgetree, laat ons dit daar.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 8-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-13°C Mostly sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-12°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-21°C More sun than clouds. Refreshingly cool. PE: 11-17°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!