Chad het net oë vir haar

2012-10-01 06:16

'n Man van sy woord. Chad le Clos en Melanie Olhaus gistermiddag laat saam met hul chauffeur, Martin Erwee, op pad na Melanie se matriekafskeid. | Foto: LOANNA HOFFMANN

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

En toe word Aspoestertjie se droom wragtig waar!

In ’n blink “koets” het Melanie Olhaus (17) gister gestraal toe die Olimpiese swemheld Chad le Clos haar na haar matriekafskeid vergesel het.

Dié blonde leerling aan die Hoërskool Glenvista in Johannesburg het Chad op 14 Augustus met sy terugkeer van die Londense Olimpiese Spele met ’n plakkaat gesmeek om haar metgesel na haar matriekafskeid te wees.

Chad het sowaar ingestem – én gisteraand sy woord gehou.

“Ek is so gelukkig,” het Melanie gesê toe sy haarself gistermiddag in die spieël sien nadat sy gegrimeer en aangetrek is.

In ’n pragtige donkerblou rok, ontwerp deur Gert-Johan Coetzee, het sy haar held ingewag vir haar sprokiesaand by die Birchwood-hotel in Boksburg.

Chad het in ’n blink Lexus by Melanie se huis in ’n kompleks in Bassonia opgedaag. Hy het sy bloedrooi das reggeskuif en gesê hy is op sy senuwees, maar óók opgewonde.

Ander inwoners van die kompleks het in verwondering na die toneel voor hulle gestaar.

“Ek sal nie met ander meisies dans nie, ek is saam met Melanie vir die aand. Ek sal dit net doen as sy my toestemming gee,” het Chad gesê toe hy en Melanie deur hul chauffeur weggery is.

Sy het nie eens ’n antwoord verwag toe sy die plakkaat by die lughawe omhoog gehou het nie, wat nog die jawoord, het Melanie destyds gesê. Die bewoording was: “Chad, will you be my matric dance date???”

Haar ma, Yolande, het glo met dié idee gekom omdat sy toe nog nie ’n metgesel vir die matriekafskeid gehad het nie.

“Melanie is ’n groot swemaanhanger en wou op ’n ander manier vir Chad terugverwelkom,” sê haar ma.

Maar tot hul ekstase het Chad gesê: “Ja, I think I can do that.”

Gisteraand het die groot geleentheid aangebreek.

“Chad het blykbaar tydens die Spele in Londen verskeie versoeke van meisies op sosiale media gekry om saam met hom op afsprake te gaan,” sê Yolande.

“Hy het toe vir die BBC gesê vir die eerste meisie wat hom in persoon vra, sal hy ja sê.”

Voor sy aankoms gister was Melanie die ene opgewondenheid. “Chad het my op ’n kol gevra of ek regtig saam met hom wou gaan, toe sê ek ‘natuurlik!’.

“Hy het my selfs gevra wat hy moes aantrek.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre Rear Spear sê... Martin Fillis maak jare reeds nes hy wil en kom weg daarmee. Hy is onwettig aangestel, maar sit nog steeds in sy pos. Sy munisipaliteit het nog nooit 'n skoon/ongekwalifiseerde oudit gekry nie, hy en sy pel Martin Kivedo (wat met dieselfde salaris ge-"demote" is toe hulle uitvind dat hy nie vir sy pos gekwalifiseer is nie) keur vir hulleself die jeeeeeerliiikste!! "prestasie"-bonusse toe (presteer die dorp in sy #&%@ in), hy het so pas Grib en Vos Joinery gekoop (met wie se geld?), boer Loxton se dorpsmeent skynbaar op sy vrou (een van hulle?) se naam, het 'n vloot voertuie wat vir niks skrik nie en teel soos 'n konynmannetjie op viagra. In 'n land met 'n rampokkerpresident kry jy sulke rampokkertjies. Geniet dit boet. Min dae. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.