Charlene inspireer

2012-08-06 06:00

Prins Albert en prinses Charlene wens Graham Hill, Le Clos se afrigter, geluk. Foto: Elite/Jean Catuffe

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Twee weke se skaafwerk in Monaco en ’n tikkie koninklike inspirasie was die sleutel tot Cameron van der Burgh en Chad le Clos se heldedade in die Olimpiese swembad.

So glo dr. Henning Gericke, een van die land se bekendste sportsielkundiges, nadat Van der Burgh (24) en Le Clos (20) die afgelope week die land se eerste goue medaljes op die Spele in Londen gewen het.

Van der Burgh het Sondagaand ’n wêreldrekord van ­58.46 s in die eindstryd van die 100 m-borsslag opgestel, waarna Le Clos Dinsdagaand op dramatiese wyse met ­Michael Phelps in die 200 m-vlinderslag afgereken het.

Le Clos se tyd van 1 minuut en 52.95 sekondes het sy eie Afrika-rekord met meer as ’n sekonde verpletter, maar was net vyf honderdstes van ’n sekonde vinniger as die Amerikaanse swemsensasie s’n.

Hy het eergisteraand boonop Suid-Afrika se eerste silwermedalje gewen toe die einste Phelps hom in die eindstryd van die 100?m-vlinderslag geklop het.

“Cameron en Chad het uiteenlopende uitdagings gehad.

“Cameron was onder geweldige druk, want feitlik almal het verwag hy sal ’n medalje wen, terwyl min mense vir Chad ’n kans gegee het omdat hy nog so jonk is en boonop teen Phelps sou deelneem,” het ­Gericke aan Rapport gesê.

“Wat hulle egter gemeen gehad het, was dat hulle geestelik taai genoeg was om dié uitdagings te bowe te kom.”

Gericke, wat ook die Springbokke se kopdokter was toe hulle die Wêreldbeker in 2007 vir die tweede keer verower het, werk reeds die afgelope nege maande met Van der Burgh en was sowat drie weke gelede saam met die swemspan in Monaco waar hulle vir oulaas geslyp het vir dié skouspel – op uitnodiging van prinses Charlene Wittstock.

Wittstock was deel van Suid-Afrika se vroue-aflosspan wat by die Spele in 2000 in Sydney ’n vyfde plek behaal het in die 4?x?100-wisselslag.

Sy het dié span begin vanjaar genooi om hul voorbereiding in Monaco af te sluit.

“Behalwe dat sy vir die hele oefenkamp betaal het, was haar teenwoordigheid langs die swembad en haar geselsies met die swemmers van onskatbare waarde,” het Gericke gesê.

“Die feit dat sy weet wat dit verg om by ’n Spele te swem en raad kon gee, het ’n baie kalmerende invloed op die ouens gehad.

“Sy het ongelooflik baie moeite gedoen vir die swemmers – van die oomblik dat hulle daar aangekom het tot die afskeidsgeleentheid wat sy ten duurste vir hulle gereël het.”

Volgens Gericke was een van die grootste uitdagings om die groep van 20 deelnemers, van wie heelparty in die VSA woon, in ’n span saam te snoer.

“Ons het hard en eerlik met mekaar gepraat oor ons verwagtinge by die Spele en ook oor waar dinge in die verlede skeefgeloop het,” het Gericke gesê.

“In Beijing (in 2008, toe Suid-Afrika nie ’n enkele swemmedalje kon verower nie) het die ouens onder mekaar baklei en daar was geen teken van spangees nie.

“Dié keer was daar geen jaloesie of afguns nie en die ouens het mekaar heelhartig ondersteun,” het Gericke gesê.

Volgens Graham Hill, Le Clos se afrigter, het die Monaco-uitstappie “wondere verrig” vir die span se selfvertroue, berig Marizanne Kok.

Hill was Wittstock se afrigter toe sy destyds in Sydney geswem het.

“Ek kan prins Albert en prinses Charlene nie genoeg bedank nie,” het Hill gesê.

“My verhouding met Charlene was soos die een wat ek nou met Chad het – ons het mekaar goed verstaan en dit is steeds so.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Verstik ek nou aan my koffie soos ek lag! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.