‘Corrie wou weer boks’

2012-10-01 06:16

Gouws wys die laaste foto wat van haar en Sanders geneem is. | Foto: Brendan Croft

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Corrie Sanders (46) was ’n sportheld, ’n Wêreldswaargewigbokskampioen wat bekend was vir uitklophoue in die kryt, maar vir ­Elsabe Gouws (44) was hy “liefie”, die man in haar lewe die afgelope twee jaar.

“’n Opregte mens, vreeslik liefdevol en altyd so nederig,” vertel Elsabe.

In haar huis in Centurion is daar foto’s van haar en Corrie en selfs ’n koffiebeker met hul gesigte daarop. Ook ’n briefie wat hy enkele dae voor sy dood vir haar geskryf het.

Corrie is verlede Saterdag gewond in ’n gewapende rooftog en het Sondagoggend in ’n staatshospitaal aan sy beserings beswyk.

Elsabe veg teen die trane wat oor haar wange loop.

“Jy weet, sewe minute voordat hy geskiet is, het hy nog vir my ’n boodskap gestuur.”

Toe Corrie nie antwoord nie, het Elsabe besef iets is verkeerd.

“Minute later het Dunay Nortjé, die Afrikaanse sanger Kurt Darren se vrou, my gebel en gevra wat gaan aan.”

Blykbaar het Kurt op Twitter gelees Corrie is geskiet.

“Ek het gebel, maar ek kon niemand in die hande kry nie. My kar was by die paneelklopper, so ek kon nie eens ry nie.”

Later het Gouws vir Mike, Corrie se broer, in die hande gekry.

“Toe was hy al in die teater.”

Mike moes later vir haar sê dat Corrie dood is.

Volgens Gouws was Corrie ’n staatspasiënt omdat hy die laaste drie jaar geldelik swaar gekry het weens ’n hofsaak. Sy wou nie verder hieroor uitwei nie.

“Hy het altyd sy kop omhoog gehou en gesê God het ’n plan.”

Gouws kyk na die foto op haar selfoon. “Dis die laaste ene van ons twee. Dis op my verjaardag, 7?September, geneem.”

Dan onthou sy toe sy vir Corrie ontmoet het.

“By die vyfde putjie op die gholfbaan in Centurion.”

Van toe af glo sy in liefde by die eerste oogopslag, want sedertdien was hulle onafskeidbaar.

“Hy wou my elke moontlike sekonde by hom hê. Hy het altyd gesê dis vir hom so lekker as ek naby is. Hy het altyd aan my gevat.”

Volgens Gouws was Corrie nie net ’n uitstekende pa vir sy eie kroos nie, maar ook vir haar tienjarige seun, David Waschefort.

“Hy was nooit te moeg om krieket te speel saam met David nie. Hy was David se pa-figuur.”

David knik sy kop en vee trane af voordat hy sy ma styf vasdruk.

“’n Mens verwag nie dat so iets ooit sal gebeur nie,” sê Elsabe.

Dan glimlag sy deur die trane: “Hy wou nog terugklim in die kryt vir ’n laaste geveg.”

Wat vir Elsabe bevestiging is van die goeie hart wat Corrie gehad het, is die aantal mense wat nou na haar uitreik.

“Ek is so dankbaar vir elkeen wat SMS, bel, blomme stuur en ’n draai kom maak.

“Corrie het baie mense se harte aangeraak, van sportsterre tot sommer net mense wat van boks hou.”

***

Hy is spyt sy verhouding met Corrie Sanders het skipbreuk gely, maar hy voel “op geen manier” verantwoordelik vir sy dood nie.

Só het Harold Volbrecht, Sanders se gewese afrigter, aan Rapport gesê nadat dié voormalige swaargewig-bokskampioen verlede Saterdag in die maag geskiet is in ’n gewapende rooftog by ’n restaurant in Brits.

’n Swaar gewonde Sanders is vroeg die volgende oggend in die Kalafong-staatshospitaal, in die weste van Pretoria, oorlede. Hy was nie lid van ’n siekefonds nie.

Volgens Elsabe Gouws, Sanders se vriendin, het hy die afgelope drie jaar finansieel gesukkel nadat Volbrecht in September 2008 ’n verstekvonnis van meer as R1 miljoen teen die bokser verkry het.

Die regsgeskil met Sanders was oor geld wat dié hotklou aan Volbrecht, sy afrigter van destyds, geskuld het vir sy titelgeveg teen Vitali Klitschko in April 2004 in Amerika. Sanders het met dié geveg sowat R2 miljoen verdien.

Sanders se aansoek om dié vonnis omgekeer te kry is in Junie verlede jaar deur die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys en hy moes Volbrecht $156?000 (sowat R1,2 miljoen), asook rente van 15,5% per jaar vir sewe jaar, betaal.

Hy het hom ’n paar maande later in dieselfde hof laat sekwestreer.

Klitschko het die Suid-Afrikaner die afgelope week in ’n huldeblyk beskryf as “die moeilikste teenstander” van sy loopbaan.
Sanders het ’n jaar voor sy geveg teen Vitali Klitsch­ko een van boks se grootste opskuddings veroorsaak deur sy jonger broer, Wladimir, in Hannover, Duitsland, in ’n geveg om die Wêreldboksorganisasie se swaargewigtitel te klop.

“Ons verhouding het agteruitgegaan sedert die hofsaak en ek is spyt daaroor, maar ek voel op geen manier verantwoordelik vir sy dood nie,” het Volbrecht aan Rapport gesê.

“Ek het Corrie 14 jaar lank afgerig en hy was soos ’n seun vir my. Hy het selfs in my huis gewoon totdat hy die eerste keer getroud is.

“Toe ons saam was, het ek altyd gesorg dat hy lid van ’n mediese fonds is, maar toe ons uitmekaar is, het ek nie meer beheer daaroor gehad nie.

“Hy was ’n groot man wat sy eie besluite kon neem.”

Volgens Volbrecht was daar geen kwade gevoelens tussen hulle nie.

“Die hofsaak was nie my óf Corrie se skuld nie. Dit was ’n misverstand tussen die middelmanne wat die gemors veroorsaak het.

“Ons het steeds nou en dan gesels wanneer ons mekaar op die gholfbaan raakgeloop het en sy dood het nog nie heeltemal (by my) ingesink nie.”

Volgens Volbrecht sal hy Sanders se begrafnis môre 11:00 by die NG-kerk in Berglaan, Wonderpark, Pretoria bywoon. “Ek kry elke dag oproepe van mense van Duitsland tot in Londen wat wil weet waar en wanneer die begrafnis is.

“Ek dink nie die kerk gaan groot genoeg wees vir almal wat kom nie,” het hy gesê.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-24°C High level clouds. Mild. Pta: 12-26°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 11-20°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 11-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 19-28°C Afternoon clouds. Warm. PE: 17-21°C Increasing cloudiness. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!