Cosatu is baie diep gekwel oor ANC

2012-09-16 00:27

Die ANC-alliansie is so behep met die leierskapstryd in Mangaung dat hy groot steun in die 2014-verkiesing gaan verloor.

Intussen sal die DA sy houvas op minderheidsgroepe versterk én ’n aansienlike hoeveelheid tradisioneel ANC-ondersteuners afrokkel.

Dit is die voorspelling wat ’n bekommerde Cosatu maak in sy politieke verslag wat môre op sy nasionale kongres in Midrand bespreek gaan word.

Cosatu is ook erg bedruk oor die huidige verdeeldheid in die vakverbond wat selfs tot ’n skeuring kan lei as dit nie aangepak word nie. Oor Cosatu se eie leierskapstryd waar sommige lede die kop van Zwelinzima Vavi, die uitgesproke hoofsekretaris, wil eis, lui die verslag daar moet wegbeweeg word van die stamverband- en streekmobilisasie, verdelende liedjies en negatiwiteit wat die 2006-kongres gekenmerk het.

’n “Uiterste scenario” word in die verslag vir die politiek in Suid-Afrika geskilder as die ANC-alliansie die land se uitdagings nie drasties takel nie.

Luidens dié scenario sal ANC-afgevaardigdes in Desember in Mangaung net op die leierskapstryd gefokus wees, terwyl beleidsvraagstukke tweede viool sal speel. “Beginsels sal met die politiek van mag en steun vervang word.”

Die ANC-leierskap in die meeste provinsies en streke sal deur tenderpreneurs in gevaar gestel word, terwyl goeie mense aan albei kante van die leierstryd uitgesluit word.

“Diegene wat weggelaat is, vorm ’n faksie van ontnugterdes en gegriefdes. Die verdeeldheid in die alliansie sal so diep wees en die ANC sal in so ’n mate verswak dat die party nie ’n nuwe agenda sal kan stuur nie.

“Ons sal toenemend na politiek in die Amerikaanse styl neig waar apatie sal veroorsaak dat die minderheid van die bevolking aan verkiesings deelneem.

“Politiek sal na regs beweeg, met die DA wat sy houvas op die minderheidsgroepe behou, terwyl dit ook ANC-steun sal trek.”

Die verslag stel dit prontuit die ANC sal eindelik beskou word as die party wat sy mense “verraai” het. Volgens Cosatu sal net besliste optrede so ’n werklikheid afweer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.