Cosatu is op soek na bruin, wit lede

2012-09-09 01:06

Cosatu is op soek na wit en bruin lede.

Dié ANC-alliansievennoot se geaffilieerde vakbonde verteenwoordig skaars 22 000 wit werkers – dit is 1% van sy ledetal van sowat 2,2 miljoen. Voorts is net 306 742 of 14% van Cosatu se lede bruin.

Luidens die vakverbond se voorlopige organisatoriese verslag wat gisteroggend bekend gestel is, moet ’n dringende veldtog van stapel gestuur word om Cosatu in ’n nie-rassige organisasie te transformeer.

Cosatu se ledetal het sedert 2009 met 230 000 gestyg. Tot 80% van die lede is swart; een uit elke vier werk vir die staat en die res is meestal verbonde aan vakbonde in die mynbedryf en vervaardigingsektor.

Cosatu erken in dié verslag wat oor ’n week op sy nasionale kongres in Midrand bespreek sal word hy “sit met ’n probleem” omdat die helfte van sy lede vanjaar in ’n meningspeiling gesê het “geweld” is die enigste manier om suksesvolle stakings te verseker.

Van die vakbondlede het gesê: “Die polisie is die oorsaak, want hulle lok stakers uit deur geweld te gebruik.”

Cosatu sal ook sy nuwe leiers op die kongres aanwys. Dit gaan na verwagting ’n strawwe stryd oplewer tussen Zwelinzima Vavi se bondgenote en diegene wat van dié hoofsekretaris ontslae wil raak.

Vavi se teenstanders meen hy is te krities en uitgesproke oor die ANC-regering se misstappe. Hy is die eerste persoon wat die term “roofdierstaat” gebruik het.

Vavi is blykbaar nie ten gunste daarvan dat pres. Jacob Zuma ’n tweede termyn as ANC-leier dien nie en Cosatu se leiersverkiesing word gevolglik as ’n kleedrepetisie vir die ANC se leiersverkiesing in Desember in Mangaung beskou.

Intussen sê Cosatu in sy verslag “ernstige uitdagings” staar hom in die gesig.

Die vernaamste is die “aanslag” deur splintervakbonde in die platinummynbedryf op die National Union of Mineworkers (NUM), Cosatu se grootste vakbond.

Die NUM is sedert die Marikana-myntragedie onder nog groter druk, veral van mynwerkers wat vertroue in die vakbond verloor het omdat hulle meen die NUM is uit voeling met lede se ellende.

Cosatu is voorts bekommerd dat ses uit elke tien lede ontevrede is met die salarisse wat vakbonde by die werkplek beding.

Dít is ’n ernstige aanklag omdat Cosatu se eie navorsing daarop dui werkers sluit meestal aan by vakbonde vir beskerming teen afdankings en vir beter salarisse, voordele en werkomstandighede.

“Die ontevredenheid is ’n resep vir wegbreek-groepe en splintervakbonde,” lui die verslag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Paul Booysen sê... Moenie julle asems ophou nie. 'n Paar onskuldige sardientjies, heel moontlik almal wit, gaan geoffer word. Skuldiges gaan 'n bonus ontvang om een of ander duistere redes. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 9-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R1200000 - R1700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.