DA-groeiplan ambisieus, dog ‘waagmoed kort’

2012-07-28 23:56

Die DA se ekonomiese groeiplan van 8% vir Suid-Afrika is “hoogs ambisieus” en bevat van die elemente wat reeds in die regering se bestaande nasionale ontwikkelingsplan vervat is.

Helen Zille, DA-leier, het dít gister erken nadat die DA sy plan by Vryheidspark in Pretoria bekend gemaak het.

Zille sê as ander lande soos Peru, Ghana, Viëtnam, Singapoer en Panama 8% groei kon behaal, kan Suid-Afrika dit ook doen.

“Daarom het ons ’n baie omvattende, koste-berekende weergawe van ons plan.”

Zille erken die plan bevat elemente van minister Trevor Manuel se ontwikkelingsplan. “Die punt is of dit geïmplementeer word of nie. Die ANC ignoreer dit, terwyl Suid-Afrika miljoene daaraan bestee het.”

Volgens Zille moet Suid-Afrikaners egter eers die DA aan bewind stem om sy plan te kan implementeer.

Dr. Wilmot James, federale voorsitter van die DA, sê die party het wyd gekonsulteer, ook met internasionale ekonome. “Ons het dit ook aan maatskappye in Kaapstad en Londen voorgehou en aanpassings gemaak op grond van hul insette.”

Zille het in haar toespraak gesê dit gaan tans in Suid-Afrika oor werkgeleenthede.

“Ons ekonomie groei egter nie vinnig genoeg om nuwe werkgeleenthede te skep nie. Tans is ons ekonomie verdeeld tussen diegene wat werk en huise het en die miljoene wat nie ’n regverdige kans het nie.”

Volgens Zille sal elke Suid-Afrikaner ingevolge die DA-plan aan die ekonomie kan deelneem. Die plan behels onder meer:
* die regruk van die onderwysstelsel;
* hulp aan mense om hul eie ondernemings te begin omdat dit die meeste werk skep;
* implementering van die jeugloonsubsidie;
* om jeugdiges geleentheidskoeponne te gee wat vir hul opvoeding of kleinondernemings kan betaal;
* ontwikkeling van infrastruktuur by veral hawens en spoorweë;
* Suid-Afrikaners te help spaar;
* hulp aan gewone mense om aandele in maatskappye te bekom;
* skepping van werksones waarin maatskappye kan belê; en
* verlaging van die prys van elektrisiteit, water en brandstof.

Zille sê die DA gaan in die komende maande die plan oor die hele Suid-Afrika bemark.

Dawie Roodt, hoofekonoom van Efficient Group, meen dit is nie onmoontlik om 8% groei te bereik nie, “maar dit is nie maklik nie”.

“My grootste kritiek teen die plan is dat dit nie oorspronklik is nie. Dit het nie naastenby genoeg waagmoed nie. Hulle kon groter kanse gevat het.

“Daar is byvoorbeeld heelwat kwessies wat nie aangeraak word nie, soos dat Suid-Afrika tans 200 soorte belastings het. Hulle kan dit verminder.

“Hul plan kon ook iets oor die beplande nasionale gesondheidsversekering bevat het.”

Roodt sê hy stem wel saam met baie punte, veral dié oor die staatsdiens “wat tans besig is om in duie te stort”.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 1-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 0-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: -1-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-19°C Mostly sunny. Cool. PE: 10-16°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!