DA se Hartenbos kan soos ANC se Polokwane afloop

2010-02-13 23:17

Adv. Lennit Max, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wat Polokwane vir oudpres. Thabo Mbeki was, gaan Hartenbos vir adv. Lennit Max wees.
Só voorspel DA-lede die toekoms van adv. Max wat aspirasies gehad het om Wes-Kaapse DA-leier te word, maar nou met langverlof is ná bewerings van seksuele vergrype.
’n Senior DA-lid het gisteroggend aan Rapport gesê: “Max gaan dieselfde pad loop as Mbeki. Hy is vir die DA ’n verleentheid en op Hartenbos gaan hy dit sien en hoor.”
Die DA se leiersverkiesing word op 5 en 6 Maart in Hartenbos naby Mosselbaai gehou.
Nóg ’n DA-lid het gesê: “Max is net breedsprakig.
“Hy bluf deur te sê hy het groot aanhang. Met die wolk wat nou oor sy kop hang, het hy nog meer vyande gemaak. Ons het nie meer respek vir hom nie.”
Mnr. Theuns Botha, provinsiale DA-leier en Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, sê hy het in die laaste verkiesing amper 70% van die stemme gekry.
“Ek mik nou vir nóg ’n groter oorwinning. Ek dink ek gaan dié keer meer as 80% van die stemme trek.
“Ek gaan op die kongres ook geen geheim daarvan maak nie dat ek dr. Ivan Meyer (LUR vir maatskaplike ontwikkeling) in die toekoms as provinsiale leier wil sien. Dr. Meyer is gereed om die party in die Wes-Kaap te lei. My wens is dat hy dit sommer aanstaande jaar word.
“Ek sê dit onbeskaamd en dit het niks met sy velkleur te doen nie. Hy is ’n uitstekende leier en ’n man van inbors.”
Meyer het egter Vrydag aan Rapport gesê hy het besluit om hom nie vanjaar vir ’n leierposisie beskikbaar te stel nie. “Ek gaan egter in die toekoms staan vir ’n posisie. Ek wil eers vertroud raak met die binnewerkinge van die party.”
Rapport verneem die plan is om Meyer te koöpteer in die provinsiale uitvoerende bestuur, wat vir hom die deur sal open om die volgende premierskandidaat van die Wes-Kaap te word.
Daar is algemeen verwag dat Max hom aan die provinsiale leierstryd sou onttrek nadat beweringe van buite-egtelike verhoudings oor hom op die lappe gekom het, maar hy het aangedui hy bly in die wedloop.
Die Kaapstadse burgemeester, mnr. Dan Plato, het intussen ook sy naam in die hoed gegooi as provinsiale leier.
Plato se steun is egter só beperk dat sy uitdaging nie ernstig beskou word nie.
Mnr. Kobus Marais (LP, Worcester) is die enigste kandidaat wat rustig kan slaap. Hy is onbestrede as tesourier herkies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.