DA ‘te politieskorrek’
2013-01-27 00:01
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Die DA staan weer voor ’n ideologiese kruispad: Ubuntu en “Afrikaheid” teenoor die liberale waardes wat die nalatenskap is van die destydse PFP.
Die debat oor watter soort party die DA is en wil wees is opnuut op die spits gedryf nadat Mmusi Maimane, die DA se nasionale woordvoerder, sy mond uitgespoel het oor wat dit werklik beteken om ’n Afrikaan te wees.
“Afrikaheid is mens se verbintenis tot die gees van ubuntu,” het Maimane in die Sunday Times geskryf.
Om ’n Afrikaan te wees beteken jy is deel van ’n gemeenskap.
Gareth van Onselen, die DA se voormalige mediahoof, het op sy blog inside-p olitics.org gesê Maimane se siening is tekenend van ’n politiek korrekte, maar onversoenbare retoriek “wat by die DA se taal insluip”.
Van Onselen het aan Rapport gesê dat ’n politieke party intern sy waardes en beginsels moet ken as hy wil hê die publiek moet ingeligte besluite neem.
Die DA was in 2004 ook by ’n ideologiese kruispad.
Destyds moes die party onder meer besluit of hy gaan terugkeer na die tradisionele liberalisme van die ou PFP en of daar ’n nuwe soort demokratiese party nagestreef sou word.