‘DG moet skuld kry as SunSpace deure sluit’

2012-09-09 01:06

Dié fot van Soma in Japan is deur SunSpace se SumbandilaSat op 5 April 2011 geneem nadat ’n tsoenami die gebied getref het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Suid-Afrika se enigste mikrosatellietmaatskappy – SunSpace op Stellenbosch – se dae is getel.

Dié maatskappy sluit waarskynlik einde vandeesmaand sy deure weens ’n reusagtige begrotingstekort, waaronder R45 miljoen aan agterstallige salarisse.

Die skuld vir “dié verlies aan wetenskaplike kundigheid moet voor die deur van die direkteur-generaal (DG) van die nasionale departement van wetenskap en tegnologie gelê word,” sê die DA se skaduminister van wetenskap en tegnologie, dr. Junita Kloppers-Lourens.

Volgens haar het die kabinet in Februarie 2010 die aanskaf van ’n meerderheidsaandeel deur die regering in SunSpace goedgekeur, met die opdrag aan die DG, dr. Phil Mjwara, dat sy departement dié transaksie moet beklink.

Die maatskappy Deloitte het daarna, in opdrag van die minister van wetenskap en tegnologie, Naledi Pandor, ’n transaksieverslag saamgestel en ’n aandeelhouding in SunSpace van tussen 55% en 60% is goedgekeur.
“Dr. Mjwara het deurgaans versuim om dit te doen,” sê Kloppers-Lourens.

Sy het die afgelope week in die parlement antwoorde geëis oor waarom Mjwara “voete gesleep het” met dié saak.

Dié vertraging “of klaarblyklike onwilligheid om die kabinetsbesluit uit te voer, het veroorsaak dat SunSpace, wat in 2009 altesame 93 werknemers, insluitende ingenieurs, wetenskap­likes en tegnici in diens gehad het, nou sit met 43 vakante poste. SunSpace kan nie meer salarisse betaal nie.

“Die maandelikse salarisrekening is tans R2,3 miljoen. Die agterstallige betalings oor 22 maande kom op R45 miljoen te staan. Van die personeel wat die maatskappy verlaat het, het sewe ingenieurs geëmigreer. SunSpace loop die gevaar om einde vandeesmaand sy deure te sluit.”

Dit kom nadat Pandor, asook die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap (Sansa), dr. Sandile Malinga, al herhaaldelik die behoud van die maatskappy en die spesialiskennis van sy werkers bepleit het.

Pandor het in Mei vanjaar ’n verdere satellietontwikkelingsprogram, in samewerking met SunSpace, aangekondig toe sy gesê het R100 miljoen gaan beskikbaar gestel word vir die ARMC-projek (African Resource Management Constellation), ’n projek vir ’n Afrika-konstellasie van mikrosatelliete waarin Suid-Afrika, Algerië, Kenia en Nigerië reeds ingekoop het.

Kloppers-Lourens sê geen finansiering hiervoor is egter sedertdien verskaf nie.

“Nou sal dit minstens R400 miljoen kos om SunSpace te red en om Suid-Afrika se verbintenis tot die mikrosatellietkonstellasie uit te voer.”

Sy sê Mjwara beantwoord ook geen telefoonoproepe of e-posse oor die ARMC-projek nie.

Prof. Christo Viljoen, direkteur van SunSpace en voorsitter van die departement elektriese en elektroniese ingenieurswese aan die US toe die Sunsat-satellietprojek begin is, het by navraag gesê Pandor “sal persoonlik verantwoordelikheid moet neem as die inheemse mikrosatellietbedryf in duie stort weens dr. Mjwara se vertragingstaktieke.

“Dit sal Sansa se steun van die ARMC-projek vir gemeenskapsopheffing in Afrika tien tot twaalf jaar terugsit, afgesien van die boodskap wat dit uitstuur dat ons regering nie bereid is om inheemse hoëvlak-tegnologie en ingenieurswese te bevorder nie. Suid-Afrika se tien swart ruimte-ingenieurs wat deur SunSpace opgelei is, sal in die buiteland werk moet soek.”

Mjwara het by navraag gesê sy departement is nooit gevra om ’n sakeplan vir SunSpace op te stel nie.

“Die kabinetsopdrag was dat die departement die kabinet moet adviseer oor die haalbaarheid van ’n regeringsaandeel, onderhewig aan die voorlegging van ’n sakeplan deur SunSpace.

“My departement het R36?miljoen van die nasionale tesourie gekry vir satellietontwikkeling in 2012/’13. Die 2013/’14-begroting hiervoor is R27 miljoen en vir 2014/’15 R57 miljoen.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.