DKD-lid kry bevel teen regstel-aksie

2012-08-26 00:06

Christopher February| Foto: Reint Dykema

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Lid van die departement van korrektiewe dienste (DKD) het eergister ’n hofbevel in die arbeidshof bekom om die DKD van sy regstellende aksieplan te laat afsien.

Christopher February het vier jaar lank in ’n pos van senior staatsrekenmeester by die Voorberg-bestuursgebied in Porter­ville waargeneem, maar nadat hy ná onderhoude as die beste kandidaat vir die pos aangewys is, is hy steeds nie aangestel nie.

Hy het toe die hof gevra om die DKD te keer om voort te gaan met die advertering van die pos.

February het in sy aansoek gesê dit is omdat hy bruin is dat die DKD hom nie heeltyds in die pos wil aanstel nie.

In sy betoog het regter Robert le Grange gesê die vakbond Solidariteit (wat February verteenwoordig) het daarin geslaag het om ’n prima facie-saak vir onbillike diskriminasie te bewys.

Le Grange het gesê die DKD het teen February gediskrimineer op grond van sy ras. Hy het ook gesê die DKD wil absolute kwotas tot elke prys bereik strydig met die Wet op Billike Indiensneming.

Die DKD mag ook nie voortgaan om die betrokke pos te vul voordat die hofsaak wat Solidariteit namens vyf DKD-werknemers (insluitende February) by die arbeidshof aanhangig gemaak het, afgehandel is nie.

Die werknemers voer aan die DKD se toepassing van nasionale diensplanne is diskriminerend teenoor bruin mense.

Solidariteit het eergister aangekondig dat hy nog vyf sake teen die DKD se rasplan na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie verwys het. Dit bring die getal regstellende aksie-sake teen die DKD op tien te staan.

Daar is ook 31 sake teen die Suid-Afrikaanse regering.

Ingevolge die DKD se diensplanne moet die arbeidsmag in die Wes-Kaap die nasionale demografie weerspieël, wat beteken meer poste moet met swart werknemers en minder met bruines gevul word.

Dr. Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit, sê hulle verskerp die hofaksie teen die DKD.

“Ons voorsien dat al tien sake gekonsolideer sal word om dit die grootste saak teen regstellende aksie in Suid-Afrika te maak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.