DKD se geldhoof ruim vergoed omdat hy tender toestaan

2009-11-21 23:29

Mnr. Patrick Gillingham toe hy nog die DKD se finansiële hoof was.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Huis van R1 miljoen, motors, oorsese vakansies, kontant en... ses Blou Bul-seisoenkaartjies.

Dít is die gunsies vir ’n senior amptenaar van die departement van korrektiewe dienste (DKD) waarvoor die belastingbetaler indirek moes opdok.

Parlementariërs het Dinsdag verstom geluister hoe dié amptenaar bewering gunste van sowat R2,1 miljoen in ruil vir ’n tenderkontrak van sowat R239 miljoen gekry het.

Adv. Willie Hofmeyr van die spesiale ondersoekeenheid (SIU) wou nie die name van die amptenaar óf die maatskappy bekend maak nie.

Volgens Hofmeyr het die SIU-ondersoek aan die lig gebring hoe ’n senior DKD-amptenaar ’n sleutelrol gespeel het om te verseker dat die onderneming in 2004 die tender gekry het.

Rapport het betroubaar verneem dat die amptenaar mnr. Patrick Gillingham, geskorste finansiële hoof van die DKD, is. Hy word steeds sy volle salaris betaal.

Die maatskappy is Bosasa, wat spysenieringsdienste by die land se sewe grootste tronke lewer.

Bosasa het dié reusekontrak gekry ten spyte daarvan dat sy naaste teenstander, Sechaba Catering Services, se totale tender 17% minder was. Bosasa het net 0,8% afslag, gelykstaande aan sowat R2miljoen, aangebied.

Me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, het in ’n verklaring gesê die kwessie is na die nasionale vervolgingsgesag verwys. Strafregtelike en tugstappe sal teen die betrokkenes gedoen word.

Volgens haar het haar departement ook interne prosesse begin om die aanwysing van diensverskaffers te versterk – soos die SIU versoek het.

Mapisa-Nqakula sê voorts tugstappe is gedoen teen die werknemers wat in die SIU-verslag genoem is.

Bosasa het nie op navrae gereageer nie.

Mnr. James Selfe, DA-skadu­minister van korrektiewe dienste, het die beweerde korrupsie as die skokkendste in sy 15 jaar as parlementslid beskryf.

“Ek gaan ook nog die DKD in die parlement laat antwoord oor waarom Bosasa onlangs ’n verdere verlenging van drie jaar op dieselfde kontrak gekry het.

“Dít terwyl die SIU-ondersoek na hulle aan die gang was.”

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre sê... Het ek nie iets hier geskryf nie, as julle nie kommentaar wil he nie, sluit dan die forum! Alle moorde en verkragtings spruit uit haat, dan nie?! Hoekom kulture tart met dinge wat vir hulle nie aanvaarbaar is nie? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-25°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3000TD D-Cab Hi-Rider Dsl PU
2004
R 129,950.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 149,000.00

NISSAN

Patrol 4.5 GRX 4x4
2001
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.