Dallas: Hallo, ou vriende!

2012-09-03 05:57

Johan Stemmet sê wanneer hy in sy Mercedes-Benz 450 SL-sportmotor klim, dan dink hy aan die eerste reeks van Dallas waarin dié spesifieke motors gebruik is.

“Ek het my Dallas-karretjie van 1980 af. My Benz is al 32 jaar oud en vandag omtrent niks werd nie, maar dis net vir die sentiment.

“Ek het dit juis onlangs laat restoureer en dis nou my gunstelingdingetjie ...”





Die Noot vir noot-aanbieder sê hy het ongelukkig Dinsdagaand se eerste episode van die nuwe Dallas-reeks misgeloop, maar voortaan is hy beslis voor die kassie.

“Die beste van toentertyd se Dallas was die motors.

“En ek is baie spyt hulle ry nie meer vandag die 450 SL nie. Ek het dan nog myne,” lag hy.

Stemmet sê hy was in sy 20’s toe dié gewilde reeks destyds uitgesaai is.

“Almal het van Victoria Principal as Pamela gehou, sy was maar die gunsteling.

“Cliff Barnes was die loser. En dan Sue Ellen ... as sy nie warm was nie, het sy drooggemaak.”

Die veteraan-aktrise Wilna Snyman sê sy is so jammer sy het Dinsdagaand se episode misgeloop.

“Ek onthou hoe die eerste Dallas saam met die begin van televisie was ... en albei was ’n groot gebeurtenis! Vir ons was Dallas ‘larger than life’.”

Snyman sê as sy nou terugdink, onthou sy haar fassinasie met Sue Ellen se mond.

“Sy het altyd gimnastiek met haar lippe uitgevoer.

“JR was ’n tipiese skarminkel. En Bobby ... ja, dié outjie was so mooi.”

Die aktrise sê sy gaan beslis die nuwe reeks kyk as sy die kans kry, net ter wille van die ou dae.

Die nuusleser Riaan Cruywagen kon nie wag om Dinsdagaand Dallas te kyk nie.

“Ek is ’n nostalgie-vraat! Dit was te heerlik om weer die ou storielyn te kon raaksien en die ou blikskottel van ’n JR op sy beste te sien – toe daar oor geld gepraat word, toe kom hy sommer tot ontwaking.”

Volgens Cruywagen is dit duidelik dat die nefies John Ross en Christopher die hoofkarakters gaan word.

“Ek was verbaas om te sien hoe goed en herkenbaar die meeste van die lot nog lyk. Dis net Lucy wat so oud geraak het ...”

Die nuusleser sê ook in die ou Dallas was dit “slap Mercedesse, nou is dit blink Ferrari’s”.

Michelle Botes, bekend as die bose Cherel de Villiers-Haines in SABC3 se Isidingo, beskryf die Dallas-akteurs as ikone.

“Hulle het die seepwêreld oopgemaak!

“Ek het ongelukkig nie vandeesweek se episode gekyk nie, maar ek gaan voortaan ’n punt daarvan maak om wel op ’n Dinsdagaand voor die televisie te wees.”

***

Die doings en die screwings van die Ewings ...

Dit was die ou Dallas – die Amerikaanse sepie wat Suid-Afrikaners drie dekades gelede op Dinsdagaande voor hul TV’s laat stoom het.

Die Ewings was soos familie en die familieplaas Southfork in Dallas was die bekendste plaas in Suid-Afrika.

Johan Prinsloo, tans die uitvoerende hoof van SWD-rugby, vertel hy het destyds as bestuurder vir Ster-Kinekor in Johannesburg gewerk.

“Ek onthou daardie jare was ons teaters verskriklik stil as Dallas saans uitgesaai is. Jy hoef net na die gebrek aan kaartjieverkope te gekyk het om te weet daar buitekant gaan iets groot aan.”

Hy sê hy verbeel hom selfs die fliekkaartjies was goedkoper op Dallas-aande.

Die plattelanders vertel weer hoe kerkraadsvergaderings vroeër klaargemaak het sodat die kerkraadslede betyds was om die Ewings se doen en late te aanskou.

Jan Pickard, die destydse president van die Westelike Provinsie Rugbyunie, het met die unie se maandvergaderings op Dinsdagaande die vergadering vroeg verdaag sodat die plattelandse klubverteenwoordigers betyds by die huis sou wees vir die Dallas-uitsending.

Suid-Afrikaners kan Dinsdagaande die nuwe reeks op M-Net volg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Defacto Culpa sê... http://fidentiathetruth.blogspot.com/ Gaan lees gerus wat ander regters van die weskaapse afdeling bevind het oor die arme mnr brown, en ook wat die "kamstige onervare aanklaers" geargumenteer het en wat die HOF ignoreer het ........ Hoekom ??? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Recruitment Consultant

Midrand
Communicate Cape Town Finance
R180000 - R600000

Recruitment Consultant

Centurion
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Sales Consultant

Sandton
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.