Danksy Die Antwoord pomp VSA in Afrikaans

2010-02-13 23:18

Yo-Landi Vi$$er (links) en Ninja van Die Antwoord gooi hul bewegings in ’n Kaapse systraat.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Met hul kru taal, eksplisiete lirieke en suggestiewe musiekvideo’s het ’n Suid-Afrikaanse musiekgroep so te sê oornag kultusstatus in Europa, Rusland, Australië en Amerika verwerf.

Dié ongewone groep glo hulle ís Die Antwoord – vandaar dan ook hulle naam.

Aanhangers en joernaliste van oor die wêreld heen – selfs die New York Times en Engeland se Guardian het al stories oor Die Antwoord gedra – google nou die betekenis van die woord “zef.”

Die kletsrymer Ninja en sy kamerade, Yo-Landi Vi$$er en DJ Hi-Tek, se zef rap-rave-liedjies het die afgelope tien dae die wêreld op horings geneem.

“Vier miljoenhits op die website, in net ’n week!” spog Ninja. “Ek moet ’n accountantkry, bra. Die record labelsis in ’n bidding warvir ons.”

Die Antwoord se webtuiste het inmekaar getuimel weens miljoene besoeke en dit moes inderhaas na ’n sterker bediener geskuif word.

Ninja sê hulle het “nodde f*k” hierdie skielike wêreldwye aanhang verwag.

“Ek dink dis omdat die styl so núút is,” sê Yo-Landi. “Dis nie gewone rap nie.”

“Die wêreld ly aan ’n oorvloed van inligting,” sê Ninja. “Hoe breek ’n mens deur dit? Ons het iets gemáák, iets wat soos ’n laser daardeur sny.”

Amerikaners wat nog nooit Afrikaans gehoor het nie, sing nou vir mekaar: “Wat pomp julle, wat pomp julle, wat pomp wat pomp wat poooomp.”

“Ons het in ons innerzef inge-tap,” sê Ninja. “Ons het al die ander konsepte weggegooi. Dis ’n geestelike ervaring.”

- Hoewel baie mense geskok sal wees oor die lirieke van Die Antwoord, sê sanger Valiant Swart dat die skokwaarde van vloekwoorde ’n truuk so oud soos die berge is.

“Ek glo daar is plek vir almal; alles vorm deel van kuns. Dit gaan nie altyd oor suiwer vermaak nie, maar party ouens is daarop uit om uit te daag,” sê hy oor Die Antwoord.

“En dis presies wat dié ouens nou doen. As mense uitgedaag word, dan dink en praat hulle oor goed.

“Robuuste debat is mos wat jy wil hê – dis immers een van die hoekstene van ’n werkende demokrasie.”

Valiant sê dat die groep vermaaklik is, is nie te betwyfel nie. “Hulle waarde is nét soveel as uitdagers en ontlokkers.”

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
42 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 7-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.