De Klerk-sage: Nicole wil steeds die R33 000 hê

2012-09-29 23:27

Oudpres. FW de Klerk se skoondogter wil hom steeds probeer dwing om sowat R33 000 per maand aan onderhoud vir sy twee kleinkinders te betaal.

Nicole Noordien de Klerk het Donderdag aan Rapport gesê sy gaan die saak nou na die appèlhof neem nadat die hooggeregshof in Johannesburg beslis het De Klerk hoef nie onderhoud vir sy seun se kinders te betaal nie. Dié hof het vroeër ná ’n dringende aansoek van De Klerk ook beslis dat sy geldsake vertroulik is. Dít nadat die Randburg-landdroshof gelas het dat hy sy persoonlike inligting aan die onderhoudslanddros moet openbaar nadat Nicole de Klerk daar ’n onderhoudseis teen hom ingedien het.

Nicole het aangevoer sy eis onderhoud van De Klerk omdat sy seun Willem, van wie sy aan die skei is, nie sy kinders kan onderhou nie. De Klerk sr. dra reeds vrywillig elke maand sowat R11 000 by tot sy kleindogters se onderhoud en skoolgeld.

Nicole het die afgelope week gesê sy was nie eens bewus van die hooggeregshof se uitspraak nie en “moes dit in die koerant lees”.

Volgens haar het sy Donderdag onsuksesvol by die regter probeer uitvind wat aangaan.

“Die hooggeregshof-geding was nie eens oor onderhoud nie, maar oor of FW de Klerk in die landdroshof moet verskyn of nie.”

Sy beweer die De Klerk-familie het iets teen haar. “Dit gaan egter nie oor my nie, maar oor die kinders. Hulle het nie eens ’n mediese fonds nie. ’n Ander man (haar kêrel by wie sy en die kinders in Sandton, Johannesburg, woon) moet nou vir die kinders sorg.”

Op die vraag of haar onderhoudseis nie buitensporig hoog is nie, sê sy: “My kinders is gewoond aan hul leefstyl. Ek wil net seker maak hul leefstyl word handhaaf. Iemand anders moet egter nou daarvoor betaal. Ek het al my spaargeld opgebruik om hulle aan die lewe te hou. Ek gaan nie rus totdat my kinders kry wat hulle verdien nie.”

Rapport verneem De Klerk sr., wat tans in die buiteland is, beskou die saak as ’n “private familie-aangeleentheid” en lewer nie kommentaar daaroor nie. Sy prokureur, Gerhard van Niekerk van die firma De Klerk & Van Gend in Kaapstad, het nie op navrae gereageer nie.

Luidens Sapa het regter Frans Kgomo in sy uitspraak vroeër in die hooggeregshof beveel dat ’n hof nie meer as een onderhoudsbevel aan dieselfde kinders kan toestaan nie. Dít nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof in 2009 beveel het De Klerk jr. moet maandeliks R18 000 onderhoud vir albei kinders as onderhoud betaal.

Kgomo het ook daarop gewys dat De Klerk sr. reeds drie jaar lank sonder ’n hofbevel sy kleinkinders se skoolgeld en ’n bykomende R8 000 per maand betaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Barry Saayman sê... @ Filistyn van Doer - Mei 19, 2013 om 16:07 >>"Dit sou haar geloofwaardigheid onder die swart kieser in gedrang gebring het en sy besef dit terdee." Dit lyk of sy weet wat sy wil hê. >>"Die DA se dae is getel as amptelikke opposisie..." Net as sogenaamde kleurlingkiesers die party en-masse verwerp en dit lyk of die DA met hulle rigtingloosheid hulle bes probeer om hierdie mense te vervreem. Wit kiesers woon en werk te verspreid en is te min om 'n dramatiese verskil op hulle eie te maak. >>"...met die blanke wat meer en meer die langtermyn oplossing in selfbeskikking sien." Vergeet maar hiervan. Gebruik eerder energie om meer kreatiwe langtermynoplossings te bedink. Selfbeskikking in terme van Artikel 235 van die Grondwet, 1996 "binne ’n territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse", is deur die destydse Volkstaatraad oorweeg en onhaalbaar bevind. Dit is imo nie 'n oplossing vir enige van die land se probleme nie. Feodale stamgebondenheid en alles wat daarme gepaard gaan soos die grondwetlike beskerming van 10 onproduktiewe konings en 6140 tradisionele leiers wat elke jaar tientalle kinders in sogenaamde inisiasieskole vermoor en menseregte met minagting vertrap is eerder 'n bedreiging. Weens demografiese werlikhede gaan dit buitendien binne die afsienbare toekoms onmoonlik wees vir enige groep mense om hulleself op enige vasteland in 'n eie gebied af te sonder. Die mense wat ernstig met sulke idees rondspeel word gelukkig al hoe minder. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.