‘De Klerk sit pot mis oor ANC, kommunisme’

2012-07-28 23:56

Oudpres. FW de Klerk sit die pot mis.

Prof. Dirk Kotzé, ’n politieke ontleder aan Unisa, meen De Klerk se aanname dat die ANC met sy nasionale demokratiese revolusie (NDR) die land in die rigting van ’n kommunistiese staat dwing, is verkeerd.

Volgens Kotzé leun die ANC se huidige denkrigting eerder sterker na dié van ’n ontwikkelings- as ’n kommunistiese staat.

De Klerk het die aanname gemaak tydens ’n konferensie wat die FW de Klerk-stigting Woensdag in Johannesburg oor die ANC se onlangse beleidskonferensie aangebied het.

Ook dr. Blade Nzimande, SAKP-leier, het Vrydag aangevoer De Klerk se uitlatings is “niks anders nie as ’n poging om die klassieke ‘rooi gevaar-taktiek’ van sy nou ontbinde Nasionale Party te laat herleef”.

De Klerk het Suid-Afrikaners aangemoedig om tot en met die ANC se nasionale kongres in Desember meer intensief aan die beleidsdebatte deel te neem omdat dit nie geïgnoreer kan word nie.

“Die beleids- en leiersbesluite wat in Mangaung geneem word, sal die toekoms van die land jare lank raak.”

Volgens De Klerk is nasionale beleid in Suid-Afrika tans by ’n kruispad: “Ons kan eerder die pad na ekonomiese groei en maatskaplike geregtigheid, soos die Nasionale Beplanningskommissie uitstippel, volg óf die een van die ‘tweede fase’ wat die doelwitte van die NDR nastreef.”

De Klerk meen die NDR is ’n “baie gevaarlike ideologie”.

“Dit is gevaarlik omdat dit ons op ’n sosialistiese pad wil plaas. Kommunisme is ’n uitgediende ideologie. Dit kan net pyn en lyding bring soos in destydse kommunistiese lande.

“Die ANC wil met die NDR, veral met die SAKP wat nou ’n leiersrol in die regerende alliansie vertolk, hê ons moet ’n kommunistiese staat word.”

Nzimande skryf Vrydag in die SAKP se aanlyn-joernaal, Umsebenzi Online, egter De Klerk wil met sy uitlatings “nog ’n ou apartheid-toertjie – dat die ANC van ’n afstand deur die SAKP beheer word – aanblaas. Jy kan nie ’n ou hond nuwe toertjies leer nie.”

Nzimande sê die SAKP sal sy sosialistiese waardes en idees so wyd moontlik onder Suid-Afrikaners versprei en aanhou om kapitalisme as ’n stelsel te kritiseer.

Volgens Kotzé moet die ANC se beleid nie in ’n sosialistiese konteks gesien word nie.

“Die ANC se denkrigting met die NDR is eerder ’n ontwikkelingstaat waar die regering grootskaals by die landsekonomie betrokke raak.”

Hy meen dit is nie ’n slegte idee nie; dieselfde gebeur tans in Suid-Korea, Maleisië, Singapoer, Taiwan, Indië en Brasilië. “Ek dink die ANC kyk na dié lande en sien watter ekonomiese suksesse tans daar beleef word.”

Kotzé meen hoewel SAKP-leiers aktief in die regering dien, word die party se streng sosialistiese beleid deur die ANC s’n gekoöpteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
198 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.