Deon ‘gaan na strippers omdat my vrou my slaan’

2010-01-30 23:34

Deon Opperman en Hanli Rolfes-Opperman.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Aantygings van buite-egtelike seks en ontkleedanseresse vlieg rond in die smerige egskeidingsgeding van die dramaturg en TV-vervaardiger Deon Opperman en sy vrou, Hanli Rolfes.

Rolfes (38) beweer Opperman (47) se stomende verhouding met ’n ontkleedanseres bekend as Bernadene het gelei tot die verbrokkeling van hul huwelik van sewe jaar.

Aikôna, sê Opperman gister aan Rapport.

“Ek het verlede jaar net een keer gen***. Ja, dit was met ’n stripper. En toe was ek en Hanli al uit.

“En sy moet ’n bietjie vertel van hoe sy op ’n sabbatical gegaan het in Spanje en toe ’n Engelsman gen*** het. Sy naam is Greg.”

Rolfes het net oor dié beweringe gelag en erken sy en Greg het ’n paar passievolle aande saam gehad.

Opperman het Rolfes drie jaar gelede om ’n egskeiding gevra, maar sy het hom oortuig dat hulle “weer moet probeer”.

Sy obsessie met kaaldansklubs was egter ’n voortdurende probleem.

Verlede jaar het sy die egpaar se huis van R5,8 miljoen in Johannesburg verlaat en in ’n huis net twee straatblokke weg ingetrek.

Sy “wou weer probeer”, maar hulle het onophoudelik baklei.

Die egpaar se spoghuis – wat nou in die mark is – is deel van die dispuut tussen hulle. Hy weier om enige wins uit die verkoop van die huis met haar te deel.

Hulle is buite gemeenskap van goedere getroud, maar het die huis saam gekoop.

Opperman sê hy onderhou Rolfes steeds. Hy sê hy betaal haar R30?000 kontant per maand, asook haar huurgeld en selfoonrekening. “Daarom is sy nie geregtig op die huis nie.”

Rolfes het Opperman gehelp om een van kykNET se grootste trefferreekse, Getroud met Rugby, te ontwikkel.

Intussen is Rolfes se karakter uit die reeks geskryf. In November het Rolfes Opperman by die Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie verkla oor onregverdige arbeidspraktyk. Sy eis geld wat hy haar glo skuld.

Opperman erken dat hy haar uitgeskryf het. “Ek kan nie met iemand werk wat aan ’n persoonlikheidsversteuring ly nie. Sy het al sielkundiges gesien daaroor. Ek het haar wel ’n skrywerspos aangebied.”

Hy sê Rolfes het hom die laaste drie jaar fisiek mishandel. “As sy my slaan, kan ek nie terugslaan nie. Dan gaan ek maar stripklub toe. Ek het strippers betaal om na my pyn en lyding te luister.”

Hy erken hy was gereeld by sy vriendin Gigi, wat die Lollypop Lounge – ’n ontkleeklub in Randburg – besit.

“My huwelik was ’n nagmerrie. Ek het ’n video gemaak van hoe sy my in haar dronkenskap aanrand. Daai vrou is gek in haar kop.”

Rolfes sê oor haar huwelik: “Die laaste ruk het ek besef my huwelik kan nie gered word nie. By verlede jaar se Aardklop-kunstefees het ek vir hom gesê ek is bereid om te skei.”

Opperman sê hy is nou baie gelukkig en het intussen ’n ander vrou, Marelize Landman, ontmoet.

“Sy is ’n wonderlike mens. Ons bly saam. Ek wil met haar trou en kinders kry. Ek kan nie wag om met ’n gesin te begin nie.”

Die twee is agt jaar gelede deur die filosoof Johann Rossouw aan mekaar voorgestel.

Rolfes was Opperman se tweede vrou.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
59 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R500000

BI Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R15000 - R20000

Junior BI Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R144000 - R240000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.