Departement van openbare werk nie

2012-10-13 23:19

Die verbeterings aan pres. Jacob Zuma se private tuiste by Nkandla in Zoeloeland was nie net peperduur nie, dit het heel moontlik ook met bedrog en korrupsie gepaardgegaan.

Ouditeure met top-veiligheidsklaring gaan dié verbeterings deur die departement van openbare werke ter waarde van meer as R200 miljoen nou ondersoek.

Die begroting vir die konstruksiewerk by Nkandla, asook verbeterings aan ministeriële ampswonings, is vervat in die departement se prestige-portefeulje, wat projekte van miljarde rande insluit.

Jeremy Cronin, adjunkminister van openbare werke, het die afgelope week in die parlement teenoor LP’s erken sy departement “is in groot moeilikheid”.

“Die OG het ’n ouditmening (vir die 2011-’12-boekjaar) weerhou. Daar is ernstige korrupsie en aanklagte teen senior personeellede. Ons is wanfunksioneel. Ons kan die moontlikheid dat die onkostes (by Nkandla) opgeblaas is, nie uitsluit nie,” het Cronin gesê.

Hoewel Paul Serote, uitvoerende hoof van die OG-kantoor, hom nie oor die Nkandla-projek wou uitspreek nie, het hy bevestig daar is geen finansiële beheer by openbare werke nie. Die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) en regulasies vir tender- en verkrygingsprosedures “word oor die algemeen oortree”.

Die omvang van die finansiële wanbestuur in openbare werke en sy vier entiteite is grotesk:

* Die departement se eie ouditeure het in die 2011-’12-boekjaar R422 miljoen se onreëlmatige besteding in die finansiële state geopenbaar, maar die OG het tydens hul oudit nóg R906 miljoen se onreëlmatige transaksies blootgelê. Die totaal is R1,3 miljard.

* Voorts het die departement R44,2 miljoen se nuttelose en vrugtelose uitgawes gelys, maar die OG het nóg R194?miljoen se nuttelose en vrugtelose uitgawes uitgesnuffel. Al dié soort uitgawes vir die boekjaar beloop dus meer as R238,4 miljoen.

* ’n Verdere R24 miljoen se besteding was ongemagtig.

Anchen Dreyer, DA-LP en woordvoerder oor openbare werke, sê dit is “skokkend”.

Sy voer aan Thulas Nxesi, die minister wat ’n jaar gelede by die afgedankte Gwen Mahlangu-Nkabinde oorgeneem het, het nog nie veel uitgerig nie.

“Miskien is dié departement onherstelbaar. Miskien moet dit ontbind en van voor af opgebou word.”

Cronin sê dít is onmoontlik.

“Jy kan nie oor begin as jy nie weet waarmee jy sit nie. Ons weet nie eens watter bates ons het nie en dit waarvan ons weet, word nie onderhou nie.”

Nxesi het in ’n verslag aan die portefeuljekomitee oor openbare werke gesê hulle het die spesiale ondersoekeenheid R30 miljoen betaal om korrupsie te ondersoek.

Volgens hom het hy te laat by dié departement aangesluit om ’n wesenlike verskil in die genoemde boekjaar te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Saamprater sê... Stem saam dat ons nader aan God moet beweeg, maar glo my, God Skepper is n God van orde en hierdie wanorde wat in SA plaasvind het niks te make met God nie. Lees Jesaja 19 dan sal jy verstaan. Hierdie land is in chaos omrede ons eerste burger hierdie land op verskeie geleenthede aan Satan geoffer het. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.