Derde van bevolking glo daar’s ruimtewesens

2010-01-30 23:35

As besoekers uit die buitenste ruimte môre in Suid-Afrika land, wie sal die grootste skrik?

Ou mense, bruin mense en mense aan die Wes-Rand, blyk uit ’n peiling wat pas bekend gestel is.

TNS Research Surveys het die uitslag bekend gemaak van ’n peiling om te bepaal hoeveel Suid-Afrikaners glo daar is lewe op ander planete.

Verrassend baie (33%), blyk die antwoord te wees – hoewel dié syfer geweldig tussen plekke, rasse en ouderdomsgroepe wissel.

Die stad waar die meeste mense in lewe in die ruimte glo, is blykbaar Oos-Londen (47% – bykans die helfte). Daarenteen is die streek met die mees skeptiese inwoners die Wes-Rand, waar slegs 5% (een uit elke 20) glo daar is lewe op ander planete.

In Kaapstad is die syfer net 25%, in Johannesburg 29%, in Pretoria 33%, in Port Elizabeth 34%, in Bloemfontein 40% en in Durban ’n volle 45%.

Die rede vir Durban se hoë telling is dalk omdat Zoeloes een van die groepe is wat die sterkste in lewe op ander planete glo (37%). Oor die algemeen is bruin mense die skeptiesste (23%), gevolg deur Indiërs (24%), wit mense (33%) en dan eers swart mense (35%).

Die middelklas en mense met formele onderwys neig meer om in ruimtelewe te glo as arm en ongeskoolde mense.

En jonger mense (36% van dié onder 24) is meer “gelowig” as ouer mense (28% van dié ouer as 60).

- Dié studie kom terwyl die Royal Society in Londen die afgelope week van die wêreld se top-wetenskaplikes op ’n kongres byeengebring het om oor die moontlikheid van lewe elders in die heelal te gesels.

Die sterrekundige en stigter van die Amerikaanse Seti-program (Search for Extraterrestrial Intelligence), prof. Frank Drake, het gesê as daar intelligente wesens elders in die heelal is, sal hulle waarskynlik nie van die mensdom weet nie omdat die radio- en TV-seine wat ons die ruimte instuur al hoe subtieler en moeiliker waarneembaar raak.

Daarenteen het die fisikus prof. Paul Davies gesê daar is ’n sterk moontlikheid dat ruimtelewe reeds êrens in die verlede deur ruimterotse na die aarde aangedra is en dat die afstammelinge daarvan hier voortlewe in die vorm van bekende spesies.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.