Derick: ‘Dis als my skuld’

2012-10-22 05:16

Derick en Karlien

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ja, dis verby.

Die verlowing is verbreek, die sprokiestroue is afgelas en die verloofring is teruggegee.

Loftus se “liefling” Derick Hougaard (29) en die Jakkals trou met wolf se vrou-sangeres Karlien van Jaarsveld (26) is nie meer saam nie.

Derick neem volle verantwoordelikheid daarvoor dat die verhouding skipbreuk gely het.

Hy sê: “Dis 100% my skuld. Ek het ’n geweldige kruispad in my lewe bereik met rugby en dit vat baie uit my uit.”

Sy sê: “Met die aanloop tot ons troudag het ons verskille gehad wat fataal is vir enige huwelik. Ek wil nie trou en dan skei nie. Dit moet vir ewig wees.”

Karlien en Derick het met Rapport vir die eerste keer openlik en eerlik gepraat oor die troue wat afgestel is en die verloofring wat teruggegee is.

“Ek wil net ’n einde maak aan al die stories wat nou opgemaak word,” sê Karlien.

“Daar is geen skandaal nie. Geen derde party nie. Dit was net nie die Here se wil dat ons trou nie. Klaar.”

Van kwade gevoelens tussen die twee is daar nie sprake nie.

Die twee het immers Dinsdagaand nog saam gaan uiteet. Hulle het in 2011 begin uitgaan en in April vanjaar verloof geraak.

’n Troudag was vir volgende maand beplan en Derick het vir hom en sy trouvrou ’n huis gekoop.

“Ek het baie daarna uitgesien om in die huis te bly,” sê Karlien. “Ek het nog gehelp om die huis te versier. Maar ek het besef die Here het ’n plan met ons. My wil en die Here se wil verskil.”

’n Maand gelede het die twee ’n verklaring op Facebook geplaas waarin hulle gesê het die troue is uitgestel.

Maar die tonge was los toe Karlien verlede naweek by die Afrikaans is groot-konserte op die verhoog was – sonder ’n verloofring.

“Sou dit in God se plan wees dat ons wél gaan trou, dan is dit so,” sê sy. “Ons het verskille en is nie nou reg vir trou nie.

“’n Troue gaan nie net oor hoe mooi jy lyk en of jy die grootste troue kan hou nie. As ons ewige trou voor God sweer, sal ons dit reg doen,” sê Karlien.

“Wanneer jy trou moet daar sekerheid wees dat dit vir ewig en altyd is. Ek wil nie skei nie.

“Ek wag om te hoor wat die Here se plan met ons is. Die Here sal vir my my trouman stuur, of dit nou Derick is of iemand anders, net Hy weet.”

Karlien sê Derick is ’n wonderlike vriend.

“Hy het ’n pragtige hart.”

Derick sê oor Karlien: “Sy is die beste mens wat ek ken.”

Hy bly erg hoopvol dat hulle ’n toekoms saam het.

“As ek die res van my lewe met haar kan deurbring, sal ek die gelukkigste mens in die wêreld wees,” sê Derick.

“Ek weet alles sal uitwerk soos Jesus dit wil hê.”

Karlien begin in Januarie volgende jaar skiet aan ’n nuwe rolprent, As jy kan sing, waarin sy teenoor haar sanger-broer, Bobby van Jaarsveld, speel.

Haar volgende CD behoort teen Maart klaar te wees. Sy vertel tydens die Afrikaans is groot-konserte was dit die eerste keer dat sy die verhoog met so baie bekende sangers gedeel het.

“Ek is nog altyd geïnspireer deur mense soos Juanita (du Plessis), Theuns (Jordaan) en Steve (Hofmeyr). Dit was ongelooflik.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Mike Olwagen sê... Die girl het 'n chip op haar skouer. Sy probeer 'n Demi Moore op haarself trek. Schalk enjoy the ride en ek hoop jy't baie geld. Girls soos daai kom met 'n prys etiket! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 8-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 11-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.