Die Stem: Popcru gee Mandela ‘klap in die gesig’

2012-09-22 23:13

Die polisievakbond Popcru se omstrede voorstel dat die Afrikaanse en Engelse strofes uit die volkslied verwyder word, “is ’n klap in Mandela se gesig”.

So het Pik Botha, oudpolitikus wat in oudpres. Nelson Mandela se kabinet gedien het, gister aan Rapport gesê.

“Ek onthou nog soos gister hoe Mandela destyds vir ons, toe hy dit die eerste keer hoor, gesê het: ‘Nóú het ons ’n volkslied wat ons almal in hierdie land kan saambind.’?”

Volgens Botha is die voorstel ook ’n klap in die gesig van Afrikaanses. “Dit wys hulle het geen agting vir ons geskiedenis of vir Mandela en sy destydse kabinet wat die volkslied en landsvlag goedgekeur het nie.”

Ook Roelf Meyer en Bantu Holomisa, wat destyds betrokke was by Kodesa, sê die volkslied is die produk van omvattende onderhandelings en dat Popcru maar van sy voorstel kan vergeet.

Nkosinathi Theledi, Popcru se sekretaris-generaal, het aan Rapport gesê die versoeningsgebaar om ’n gedeelte van Die Stem, asook ’n Engelse vers by Suid-Afrika se volkslied, Nkosi Sikelel’ iAfrika, te voeg, het sy doel gedien. Boonop is Die Stem ’n apartheidsimbool. Dit is hoekom Popcru die afgelope week by Cosatu se nasionale kongres in Midrand gevra het om dié verse uit die volkslied te skrap.

Holomisa, UDM-leier, sê dit is onmoontlik om die volkslied te verander. “Dié debat sal nie suksesvol wees nie. Mense moenie onnodig paniekbevange daaroor raak nie. Die konflik in Suid-Afrika is destyds vreedsaam opgelos. Daar was geen wenners nie. Die Grondwet is daarom so opgestel dat dit die regte, wat taal insluit, van alle Suid-Afrikaners waarborg.”

Meyer, destyds hoofonderhandelaar vir die Nasionale Party, sê Popcru “slaan die bal mis”.

“Die volkslied, net soos die landsvlag en elf amptelike tale en simbole, is die permanente produk van ’n omvattende onderhandelingsproses. Die volkslied bestaan uit vyf tale wat die hele nasie verteenwoordig.”

Theledi meen egter die huidige volkslied was net bedoel as ’n versoenings­gebaar ná die Kodesa-onderhandelings.

“Die plan was altyd dat dit net tydelik sal wees. Ons voel die ooreenkoms het ná 18 jaar van demokrasie sy doel bereik.

“Die Stem word steeds onthou as ’n simbool van apartheid. Dit is strydig met die woorde in Nkosi Sikelel’ iAfrika, wat alle Suid-Afrikaners én ons bure in Afrika insluit.”

Cosatu-lede het Donderdagmiddag hul vier dae lange kongres by Gallagher Estate met die volkslied afgesluit sonder om die Afrikaanse of Engelse strofes te sing. Selfs in Cosatu se kongresdokumente is Nkosi Sikelel’ iAfrika voorin gedruk sonder die Afrikaanse of Engelse strofes.

Botha het Popcru se voorstel beskryf as “Marikaans, waar onkunde en onbevoegdheid, soos in Marikana, ook op dié faset van nasionale lewe toegepas gaan word”.

Ook dr. Ivan Meyer, federale ondervoorsitter van die DA, sê dié voorstel wys die ANC-alliansie se ware kleure en sal op ’n “taal-Marikana” afstuur.

Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, meen die voorstel bevestig die persepsie van ’n aanslag en vyandigheid jeens Afrikaans.

Popcru se voorstel is nou na Cosatu se topleierstruktuur, die sentrale uitvoerende komitee, verwys. As Cosatu dit aanvaar, kan die voorstel in Desember voor die ANC-kongres in Mangaung dien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
85 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Rieks Wilson sê... Ek het vyf weke gelede ophou gemorskos eet, het meer as 10 kg verloor, sonder dat dit my 'n sent kos. Boonop spaar ek, want ek koop net gesonde kos. Mens het nie allerhande pille en foefies nodig nie. Oor 'n paar jaar sit jy met gesondheidsprobleme as gevolg van die newe-effekte wat die goed op mens se liggaam het. Dis net 'n kwessie van verloor nou, "suffer" later. Nee wat, eet gesond. Dit werk. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 3-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Services Cashier / Consultant

South Africa
JDG Trading (Pty) Ltd
Market Related

Executive Reward & Benefits Consultant

South Africa
DAV Professional Placement Group
Market Related

Office Support :Engineering

South Africa
Ikamva Recruitment, Training & Business Development
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.