'Die Stem' in die spervuur

2012-09-20 08:39

 JOHANNESBURG. – “Die Stem” is “direk teenstrydig” met “Nkosi Sikelel’ iAfrika” en wat dit vir Afrikane beteken, en daarom moet die Afrikaanse en Engelse dele uit Suid-Afrika se nasionale lied verwyder word.

Dít is een van die voorstelle wat Cosatu dalk vandag op sy nasionale kongres in Midrand gaan oorweeg.

As dit weens ’n tydgebrek nie bespreek word nie, sal dit saam met ander onbespreekte voorstelle direk na die sentrale uitvoerende komitee gestuur word vir bespreking daar.

Die polisievakbond Popcru het die voorstel gemaak en dit word vervat in Cosatu se voorlopige beleidsdokumente.

Tydens die Codesa-onderhandelings in die vroeë negentigerjare is daar besluit om die Afrikaanse en Engelse dele by die nasionale lied in te sluit as ’n kompromie, lui die dokument.

“Die nasionale lied moet terug verander word na sy oorspronklike vorm. Die nasionale lied moet die stryd wat ons toekomstige aspirasies rig, verteenwoordig.”

“Die Stem” is onversoenbaar met Enoch Sontonga se oorspronklike weergawe van “Nkosi Sikelel’ iAfrika”, voer Popcru aan. “ ‘Nkosi Sikelel’ iAfrika’ is vandag nog ’n belangrike deel van die werkers se stryd en moet die enigste Suid-Afrikaanse nasionale lied wees.”

Die ooreenkoms om ’n deel van “Die Stem” en ’n paar Engelse reëls by Suid-Afrika se nasionale lied in te sluit ná 1994 was ’n versoeningsgebaar en is uit verskeie oorde geprys omdat dit verteenwoordigend is van Suid-Afrika se “reënboognasie”. Die ooreenkoms is ook by die Grondwet ingesluit en ’n grondwetwysiging sal dus nodig wees om aan die lied te verander.

Volgens prof. Marinus Wiechers, ’n grondwetkenner, sal dit egter teen die gees van die Grondwet indruis. “As hulle Afrikaans en Engels uit die Grondwet haal, gaan hulle teen die verklaarde doelstelling van die Grondwet en die Vryheidsmanifes wat lui Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon.”

Nkosinathi Theledi, sekretaris-generaal van Popcru, wou nie gister kommentaar lewer oor die voorstel nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Susan Nicholas sê... Vuyo, ons gaan jou mis.Jy was altyd so posetief.Ons dink aan jou gesin wat vandag seer het met jou afsterwe Ons sal jou nie vergeet nie. . Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.