Die afrigter is baas en nie die spelers, sê Heyneke Meyer

2012-01-28 23:09

Oor sy planne vir die Springbokke en die afrigtingspan wat hy in die oog het, rep Heyneke Meyer nie ’n woord nie.

Maar ná sy aanstelling Vrydag in Kaapstad as die Springbokke se nuwe hoofafrigter het Meyer in ’n eksklusiewe onderhoud met Rapport se Hanlie Retief die sluier so effens gelig oor ’n paar doelwitte wat hy vir die Bokke het.

“Ek wil eie wees aan myself, eie aan my land. Ek soek ’n eg-Suid-Afrikaanse span.

“Ons moet vergeet wat die wêreld sê. As ons óns rugby speel – strawwe, geharde Afrika-rugby – sal die wêreld ons respekteer,” het hy gesê.

Waaroor dit eintlik vir hierdie man gaan, hoor jy by almal, is nie die wen nie, maar die ménse: die kern van Meyer se rugby-evangelie.

“Ek wil glimlagte op kinders se gesigte sit, mense in ouetehuise gelukkig maak. Ek coach om ’n verskil aan mense se lewens te maak.”

Die “executives en daai” is ook belangrik, maar vir hom gaan dit primêr oor die rugby-publiek, veral die kinders: Hulle moet hul groen-en-goud-hempies met trots dra.

Die volledige onderhoud verskyn hier.

In ’n onderhoud met Sport24 se Stephen Nell het Meyer aangedui dat die Springbok-afrigter – en nie die spelers nie – voortaan die baas in die Bok-kamp sal wees... en die kaptein sal sy plek in die span moet verdien.

Meyer het ná sy aanstelling as Bok-afrigter aan Rapport gesê dat daar perke op spelerbemagtiging sal wees.

Daar behoort dus nie ’n situasie soos die onlangse een om John Smit – ’n kaptein wie se raklewe al in 2010 verstryk het – te ontstaan nie.

Nog berigte oor Meyer se aanstelling, asook ’n grafiese-uitbeelding van sy loopbaan as afrigter, verskyn in Sport24.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.