Die beste geweer: Innoveer

2012-10-20 23:37

Albert Erasmus, besturende direkteur van G4S Suid-Afrika, by een van die tegnologies gesofistikeerde pantservoertuie. | Foto: Loanna Hoffmann

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Dúúr skoolgeld.”

Dít is wat die transito-maatskappy G4S Suid-Afrika van Bryanston, Johannesburg, betaal het vir die ontwikkeling van sy nuwe vloot tegnologies gesofistikeerde pantservoertuie.

Volgens Albert Erasmus, besturende direkteur, is dit “nie onmoontlik nie, maar onwaarskynlik” dat een van dié voertuie beroof sal word.

G4S en die Britse reus in vlootbestuur, Imperial, het ’n huurkooptransaksie van R450 miljoen aangegaan waardeur Imperial 700 pantservoertuie in ’n tydperk van drie jaar aan G4S sal voorsien.

“Die voertuie se fisieke veiligheidskenmerke verskil nie veel van hul voorgangers s’n nie, maar die tegnologie is van die beste,” sê Erasmus.

Dié tegnologie vereis onder meer dat drie individue moet saamwerk voordat een van die kluise in die voertuig oopgemaak kan word.

“’n Voertuig laai byvoorbeeld geld by ’n bank af. Sodra dit binne die voorafbepaalde GPS-koördinate geparkeer is, druk die bestuurder ’n knoppie, die sentrale beheerkamer stuur ’n eenmalige kode en die wag agter in die kluiskompartement sleutel die kode in om die kluis oop te maak,” sê Erasmus.

Geen voertuig kan oopgemaak word as dit nie binne die voorafbepaalde ryverwysing staan nie en dit kan ook net by G4S-takke, banksentrums en sekere polisiekantore oopgemaak word.

Elkeen van die vier groot banke het sy eie kluis binne-in elke voertuig en ’n kluis van ENB kan byvoorbeeld nie by Standard Bank oopgemaak word nie.

“In die verlede kon rowers ’n voertuig omstamp of aan die brand steek nadat brandstof by die luggate ingegooi is. Nou is die wiel-aste en luggate só ontwerp dat dit nie meer kan gebeur nie.”

Sodra die ontsnapluik in die agterste kompartement geaktiveer word, sluit die voertuig af en inligting oor sy ligging word na die beheerkamer gestuur.

Bykomende maatreëls verseker dat die kajuit- en kluisdeure nie kan oopmaak as enige van die ander deure oop is nie.

Erasmus sê die transitobedryf het in 2007 ’n draaipunt bereik.

“Al die rolspelers het toe begin saamwerk en sedertdien neem rooftogte drasties af.”

Daar word veral meer klem op tegnologie geplaas, sê hy.

G4S is die grootste veiligheidsmaatskappy in Afrika en sowat 3 500 van sy 11 000 werknemers werk in Suid-Afrika.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Melindie Hart sê... Goeiste, nou't ek alles gehoor. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.