‘Die bloedbad kom weer...’

2010-05-23 00:26

Mnr. Khalif Abdi Abdullahi agter die diefwering wat hom en sy winkel moet beskerm in Mfuleni naby Kaapstad. Foto: JACQUES PAUW

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JACQUES PAUW EN ANNA-MARIA LOMBARD IN JOHANNESBURG

Immigrante en vlugtelinge in Suid-Afrika leef in vrees vir xenofobiese aanvalle ná die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Buitelanders word glo landwyd gewaarsku om hulle uit die voete te maak om die soort aanvalle te vermy wat Suid-Afrika twee jaar gelede geskok het.

In die Wes-Kaap is reeds 17 Somaliese winkeleienaars vanjaar vermoor en ander winkeleienaars is gewaarsku om landuit te vlug voor die laaste fluitjie blaas.

“Ek het gehoor hulle sê daar gaan geen immigrante in Alexandra (in Johannesburg) oor wees nie,” sê me. Elizabeth Mokoena, wat ’n welsynsorganisasie by die polisiekantoor bestuur. Sy het noodleniging gekoördineer toe xenofobiese aanvalle in 2008 hier begin en landwyd uitgebrei het.

“Daar is dieselfde atmosfeer teen immigrante as tóé,” sê sy. “Die gemeenskap is gefrustreerd. Dienslewering bestaan nie en vlugtelinge word die sondebok.”

Die Konsortium vir Vlugtelinge en Immigrante in Suid-Afrika (Cormsa) het verslae van reg oor die land gekry oor dreigemente teen immigrante. Amnestie Internasionaal, die Rooi Kruis en die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening by die Universiteit van die Witwatersrand is deel van Cormsa.

Die dreigemente kom glo uit verskeie oorde – van bure, kollegas, taxibestuurders en verbygangers, maar ook van verpleegsters, maatskaplike werkers en polisiebeamptes.

“Baie van die mense wat dreig, glo hulle het die ondersteuning van senior politici,” sê Cormsa se mnr. Duncan Breen.

Mnr. Zweli Mnisi, woordvoerder van die ministerie vir polisie, het die afgelope week gesê Cormsa moes hul kommer met die polisie gedeel het sodat hulle saam oplossings kan vind.

Rapport het talle gerugte en dreigemente ondersoek. In Cullinan, noord van Pretoria, het Zimbabwiese werkers vergaderings bygewoon waar gesê is: “Alle buitelanders sal in die tweede helfte van Julie, net ná die sokker, vermoor word.”
Soortgelyke bewerings is glo op vergaderings in Mamelodi gemaak en die DA het dit by die polisie aangemeld.

’n Sakeman van Alexandra met ’n winkel oorkant die Madala-hostel, waar die xenofobiese geweld in 2008 begin het, is bekommerd.

“Ons mag dit (die dreigemente) nie onderskat nie,” sê hy. “In 2008 was daar soortgelyke gerugte en ons het nooit gedink iets sou daarvan kom nie. Die volgende oggend was Alex in vlamme,” sê hy.

“Hier kom ’n bloedbad,” sê mnr. Abdiwali Abdiraman van die Wes-Kaapse Somaliese Gemeenskapsraad. “Ons het die polisie gewaarsku, maar niks gebeur nie.”

Volgens hom het sommige winkeliers dreigbriewe gekry en die polisie daarvan verwittig.

Abdiraman sê twaalf Somaliërs is in drie dae in die Wes-Kaap geskiet nadat hulle gewaarsku is om die land te verlaat. Drie is dood.

“Ons is hier om te bly,” sê Abdiraman, “of dalk om te sterf.”

’n Onafhanklike rolprentregisseur, Andy Spitz, werk al twee jaar lank aan ’n dokumentêre rolprent oor xenofobie en het met talle Suid-Afrikaners hieroor gepraat.

“Het jy die oorlog hier gesien (in 2008)? Dit gaan erger wees. Daar gaan kwaai oorlog wees,” sê ’n Suid-Afrikaner in ’n Oos-Randse township.

Prof. Loren Landau van Wits is veral bekommerd dat mense so openlik dreig. “Dit wys jou hulle glo hul xenofobiese standpunt is aanvaarbaar.”

Landau is mede-outeur van ’n diepte-ontleding oor die oorsaak van die 2008-aanvalle. Dié verslag is pas gepubliseer en wys dat armoede en diensleweringsprobleme dit plek-plek aangevuur het.

Landau is egter meer besorg oor die politieke spanning in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesings as die einde van die sokkertoernooi.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
72 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.