Dié foutiewe MIV-toetse is steeds in SA

2012-07-07 23:31

Die omstrede MIV-toetse wat weer deur die regering aangekoop is nadat hulle deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verbied is, is reeds sedert Mei in openbare hospitale beskikbaar.

Dit het die afgelope week aan die lig gekom die regering het weer ’n tender toegeken aan Pantech om 4,5 miljoen SD Bioline-toetse te verskaf.

SD Bioline is in Januarie vanjaar op die WGO se swartlys geplaas omdat dit nie korrekte resultate lewer vir MIV-toetse nie. Die WGO het regerings gewaarsku om nie enige verdere pogings aan te wend om dié produk te koop nie.

“Enige beplande aankope van die produk moet gekanselleer word en geen nuwe aankope moet gedoen word tot verdere kennisgewing nie,” het die WGO in ’n inligtingstuk op 6 Januarie gesê.

Die plaaslike kantoor van die WGO het die afgelope week aan Rapport bevestig die produk is steeds op die WGO se swartlys.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, was onder die indruk die toetse is nog nie beskikbaar in openbare hospitale nie en het voorgeneem om die gebruik daarvan te staak.

“Hierdie produk gaan nie verder onder my gesag versprei word nie,” het hy gesê.

Die tesourie, wat die tender in Maart aan Pantech toegeken het, het gesê die produk is getoets en goedgekeur deur die plaaslike Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) en daarom is die tender goedgekeur.

Volgens Vuyo Mkhize, Pantech-woordvoerder, wou die maatskappy nie “die baba met die badwater uitgooi” net omdat die WGO sommige individuele toetse as foutief bevind het nie.

“Daar was geen rede om ’n produk wat aan die maatskappy jare van betroubare diens gelewer het, nou weg te gooi nie,” het Mkhize gesê.

Pantech, wat in Durban gesetel is, het die afgelope agt jaar die produk aan die regering verskaf, maar het nou slegs ’n derde van die tender gewen.

Die res van die tender is toegeken aan Mbuso Medical Supplies van Randfontein wat die verbeterde toets, Abon, verskaf.
Mkhize het gesê daar is “slegs 66 000 foutiewe toetse uit miljoene” gevind, so dit is nie nodig om die produk in sy geheel te onttrek nie.

Tog het die maatskappy op die regering se aandrang sy produkte in Februarie onttrek ná die WGO se bevinding oor SD Bioline.
Pantech verkoop steeds die toetse aan die publiek. Op hul webwerf was SD Bioline teen ’n “afslagprys” van R399 beskikbaar, maar teen gister is die lys van afslagprodukte van die webwerf verwyder. Hulle verskaf die produk aan die staat teen slegs R4,94.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.