Die vele gesigte (en verhale) van Donovan Moodle

2012-01-28 23:10

Donovan Moodley (31) sit al sewe jaar lank agter tralies weens die moord op me. Leigh Matthews.

Hy het eers skuld beken nadat die naakte lyk van Matthews suid van Johannesburg gevind is.

Sy is in Julie 2004 van die Bond-universiteit in Sandton ontvoer.

Hy is in 2005 tot lewenslange tronkstraf weens die moord gevonnis, ’n verdere 15 jaar weens ontvoering en nóg 10 jaar weens die afpersing van haar pa.

Moodley is nou terug in die hof en sê hy het nie die moord gepleeg nie.

Oktober 2004:


Moodley verskyn op aanklag van moord, ontvoering en afpersing in die Randburgse streekhof.

Hy is blykbaar gedryf deur ’n geldnood. Volgens Moodley het hy Matthews in die parkeerterrein van die kampus ’n saamrygeleentheid gevra.

Hulle het in haar motor geklim, waarna hy haar ontvoer het.

Nadat hy R50 000 van haar ouers geëis het, het hy Matthews na ’n verlate veld in Walkerville geneem waar hy haar een keer in die agterkop geskiet het, getuig hy.



Junie 2006:

Moodley doen weer aansoek om ’n herverhoor nadat sy vorige aansoek hiervoor in November 2005 misluk het.

Hier beweer hy daar was ’n sameswering teen hom en dat hy nie alleen by die moord betrokke was nie.

Hy sê die polisie het nie moeite gedoen om die ander skuldiges vas te trek nie.

November 2009:

Moodley vra die Johannesburgse hooggeregshof om sy lewenslange vonnis op grond van ’n tegniese punt te verwerp.

Hy sê daar was teenstrydighede in sy skuldbekentenis en regter Joop Labuschagne moes hom nie destyds skuldig bevind het nie.

Die hof beslis sy oorspronklike vonnis is gepas.

Januarie 2012:


Moodley doen nou aansoek om ’n herverhoor in die hooggeregshof in Johannesburg.

Hy voer aan drie dwelmsmouse (ene Frank, Allie en Jemba) het hom gedreig om by Matthews se ontvoering betrokke te raak.

Volgens hom moes hy toekyk hoe Jemba Matthews doodskiet.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.