Diefstal deur seinsteuring neem landwyd toe

2012-01-28 23:10

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Diewe wat motoriste met die gebruik van seinsteuring besteel, is besig om landwyd toe te slaan.

Meer as 40 gevalle van diefstal uit motors word weekliks by die polisie in Sandton in Gauteng aangemeld en duisende motoriste kla daagliks by die ombudsman vir korttermynversekeraars oor verliese weens diefstal uit motors deur seinsteuring.

Parkeerterreine by inkopiesentrums, laerskole waar ma’s uitklim om saam met hul kinders na klasse te stap en vulstasies langs besige snelweë word die teikenveld van misdadigers wat besittings uit motors steel sónder om by die motor in te breek.

By ’n Bloemfonteinse inkopiesentrum is ’n waarskuwingsbord opgerig, in Nelspruit word tot 30 voorvalle per week aangemeld en by vulstasies en restaurante langs die N4 tussen Johannesburg en die Krugerwildtuin word vakansiegangers en toeriste geteiken.

Selfone, skootrekenaars en inkopies word gereeld gesteel.

Seinsteuring (car-jamming) is besig om landwyd toe te neem en dit is byna onmoontlik om die diewe vas te trek.

Volgens mnr. Johan Lessing, bestuurder van Centurion Systems, ’n onderneming wat spesialiseer in die outomatisering van veiligheidsmaatreëls, word die vinger gewys na sekere handelsmerke en motorvervaardigers, maar dit kan eintlik met enigiemand gebeur.

Lessing verduidelik dat die meeste afstandbeheerders van motors, veiligheidshekke en motorhuisdeure op een van twee frekwensies, 403 MHz of 433 MHz, werk.

Dié frekwensies is deur die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van SA (Okosa) goedgekeur en is gratis beskikbaar.

“Jy hoef nie aansoek te doen om ’n lisensie om op die frekwensie te werk soos met ’n tweerigting-radio nie; dit staan bekend as ’n vry kanaal,” verduidelik Lessing.

Dit het tot gevolg dat die frekwensies baie besig is.

’n Motoreienaar druk die knoppie van die afstandbeheerder en neem aan die motor is gesluit en die goed daarin is veilig.

Intussen word die sein versteur deur ’n ander afstandbeheerder wat binne bereik is en op dieselfde frekwensie ingestel is. Die elektroniese ontvanger van die sein in die motor herken dan nie die sein wat gestuur word nie en die motor se deure staan oop vir diewe om te steel wat hulle wil.

“Dit hoef nie noodwendig die afstandbeheerder van ’n motor te wees nie, dit kan enige ander afstandbeheerder wees wat op dieselfde frekwensie werk.”

Kapt. Dennis Adriao, nasionale woordvoerder van die polisie, het bevestig seinsteuring is ’n landwye probleem wat gereeld voorkom.

Maak seker of versekeraar betaal


Volgens die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging (Saia) rus die onus op die versekeringsmaatskappy of hy eise sal betaal waar seinsteuring betrokke was.

Die motoreienaar moet beleide en voorwaardes goed deurgaan om te verseker dat hul versekeraars vir die omstandighede voorsiening maak.

Baie versekeraars betaal nie uit vir diefstal uit motors as daar nie tekens van gedwonge toegang is nie, terwyl ander wel daarvoor voorsiening maak.

Hoe om dit te voorkom


As jou motor ’n geluid maak of die ligte flikker wanneer jy die knoppie van die afstandbeheerder druk, beteken dit die sein is ontvang en die motor is gesluit. Die beste is om aan die handvatsel te voel of dit gesluit is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.