Dinosourusse sorg toe liefdevol vir hul kroos

2012-01-28 23:10

As jy dinosourusse in rolprente soos Jurassic Park leer ken het, dink jy waarskynlik aan hulle as koudbloedige en bloeddorstige reptiele wat selfs hul eie kleintjies sal opvreet as hulle ’n kans kry.

Maar die ontdekking van ’n 190 miljoen jaar oue dinosourus-gesinnetjie se huis en haard in die Golden Gate-park in die Vrystaat keer dié idee oor die huislike lewe van oerreptiele op sy kop.

Die dinosourusse van die spesie Massospondylus, wat in dié holte nes geskop het, het veel beter gesinswaardes aan die dag gelê as die meeste reptiele wat vandag aan ons bekend is.

Daar is aanduidings dat dié dinosourus-ouers hul eiers sorgvuldig in hul nes gerangskik het om liefdevol daarop te broei, dat ma-dinosourusse hul kleintjies die eerste paar dae van hul lewe gevoer het en dat die kroos ’n hele rukkie lank in hul ouer se nes rondgehang het totdat hulle groot genoeg was om die wêreld aan te durf.

’n Groep wetenskaplikes, onder wie dr. Adam Yates (voorheen van die Bernard Price-instituut vir paleontologiese navorsing – BPI – aan die Universiteit van die Witwatersrand), het pas in die vaktydskrif Proceedings of the National Academy of Sciences ’n studie gepubliseer oor wat dié eiers ons alles oor dié oerreptiele se gedrag kan leer.

Die nes vol van die fossiele van dinosouruseiers is reeds geruime tyd gelede – in 1977 – gevind en daar is toe al vasgestel dat daar gefossileerde embrio’s in die doppe is, maar eers in 2005 is een oopgebreek sodat die embrio van die dinosouruskuiken binne-in (sowat 4?cm lank en baie deeglik bewaar) ordentlik gesien kan word.

Dit is een van vele neste in die omgewing.

Die gevolgtrekkings wat die span uit die neste gemaak het, is nou vir die eerste keer bekend gemaak. Dit sluit in:

* Dat die eiers in van die neste só gerangskik is dat hul ouer op hulle sou kon broei.

* Dat die verskeidenheid voetspore van babadinosourusse rondom die nes (sommige van hulle baie klein, ander effens groter) ’n aanduiding is dat hulle ’n ruk lank by die huis getalm het nadat hulle gebore is.

* Die embrio het geen tande gehad nie, wat ongewoon vir ’n reptielbaba is en daarop dui dat hulle deur hul ma’s gevoed is.

“In die verlede het baie mense gedink dinosourusse was koudbloedig en dat hulle soos likkewane net hul eiers gelê en dan gelos het,” sê prof. Bruce Rubidge van die BPI.

Die gedrag van die Massospondylus wat dié eiers gelê het, stem egter meer ooreen met die gedrag van hedendaagse voëlspesies, wat ook van dinosourusse afstam en op soortgelyke wyse vir hul kleintjies sorg. Hoewel die eiers maar so groot soos ’n groterige hoendereier was, was volwasse Massospondylusse groot diere (sowat 6 m van die punt van hul stert tot by hul neus) wat wyd in Suid-Afrika gedurende die Jurassiese tydperk voorgekom het.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.