‘Dis oor ANC sy kaders inspan’

2012-07-28 23:56

Terence Nombembe

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Munisipaliteite het die afgelope boekjaar tot R295 miljoen bestee om hul finansiële state in orde te kry, maar steeds het net 13 uit 283 skoon oudits gekry.

Dié syfers is vervat in die munisipale ouditverslag wat Terence Nombembe, ouditeur-generaal, die afgelope week bekend gestel het. Luidens die verslag kon die presiese werk waarvoor die konsultante betaal is nie onafhanklik geverifieer word nie.

Nie een van die drie grootste metropole – Johannesburg, Kaapstad en Durban – het skoon oudits gekry nie.

Die 13 wat wel die paal gehaal het, is klein en medium- plaaslike en distriksmunisipaliteite in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Wes-Kaap.

Nie een munisipaliteit in Gauteng, die Oos-Kaap, die Vrystaat, die Noord-Kaap of Noordwes kon die mas opkom nie.

Nombembe het in ’n onderhoud met Rapport egter te kenne gegee munisipaliteite verkeer nie in ’n krisis nie.

Hy skryf die swak prestasie toe aan ’n gebrek aan vaardighede, wat ’n regstreekse gevolg is van die ANC se beleid van kader-ontplooiïng. Volgens hom ontbreek die politieke wil by politieke leiers om munisipaliteite aanspreeklik te hou.

Sleutelpersoneellede in sowat 70% van die munisipaliteite is luidens die verslag nie gekwalifiseerd om die finansies te behartig nie en by talle munisipaliteite word die verkrygingsprosesse nie gemonitor nie.

Meer as R14,5 miljard is bestee aan ongemagtigde, onreëlmatige, nuttelose en verkwiste uitgawes. Voorts is R814 miljoen se kontrakte aan munisipale werknemers, ander staatsamptenare en familielede van munisipale amptenare toegeken.

Tot R3,5 miljard se aankope is ook nie geoudit nie omdat daar geen ondersteunende dokumentasie beskikbaar was nie.

Nombembe sê sy kantoor het daarom voorgestel dat administrateurs aangestel word om ’n oog te hou oor elke transaksie in die verkrygingsproses. Volgens hom is munisipaliteite ook nie konsekwent met hul finansies nie.

“Die Stad Kaapstad se administrasie het die laaste jare baie goed gevaar. Hulle het egter die monitering van hul verkrygingsprosesse verslap, soos by die meeste munisipaliteite gebeur.”

Die verslag beveel aan politieke leiers soos burgemeesters en raadslede moet op maandelikse finansiële state aandring en verseker daar word reg deur die jaar aan die rekeningkundige vereistes voldoen.

Prof. Deon Scott, ’n munisipale kenner aan Unisa, sê die OG se bevindings skets ’n mismoedige prentjie oor die stand van munisipale regering.

“Ons het wonderlike wetgewing, maar dit word nie toegepas nie omdat daar geen doeltreffende dissiplinêre stelsel is om teen amptenare en politici op te tree nie. Die OG en ander wetstoepassers se hande is afgekap,” sê Scott.

“Dit speel alles af teen die agtergrond van kader-ontplooiing met die fokus op politieke lojaliteit. Kennis of kundigheid speel nie meer ’n rol nie.”

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, sê die ANC is bekommerd.

“Ons doen ’n beroep op munisipaliteite om die bestaande regeringsvoorskrifte te volg en aan die aanspreeklikheidsmaatreëls te voldoen.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... . En Rieks, to ek hom eendag op sy geboortenaam 'Blip' gevvra het wat sy geloofsoortuigings is, het hy hom daarvan weerhou om homself daaroor uit te spreek. Baie vol van homself (en dit is waarop ek hom toe gewys het) om ander wat hul Geloof uitspreek, aan te val, maar weier om sy eie uit te spreek. Vandat hy van naam tot naam rondval en profielfotos van andere gebruik, blyk hy 'n uitgesproke ateïs te wees. 'Johannes Someything' met 'n swart profielfoto het weer plek gemaak vir 'Drama Queen' met 'n soort van Charlie Chaplin gesig. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

EE Senior Production Accountant

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.