Dit brand soos 'n pyl

2013-02-02 23:26

Sowat twee derdes van moorde in Suid-Afrika word nie opgelos nie en van die sake wat wel opgelos word, word ’n moordenaar in 70% van die gevalle tronk toe gestuur, sê dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies. Hy meen dié statistieke is tog stadigaan aan die verbeter. Maar vir die naasbestaandes van ’n slagoffer wie se moord nooit opgelos word nie, is daar min afsluiting van hul rou.

In die vyf jaar sedert ’n broer en suster in haar huis in Northcliff, Johannesburg, doodgemartel is, het hul families begin hoop verloor dat die moordenaars ooit gevang sal word.

Tot die afgelope week, toe twee van Gary Smith (44) en Karen Buchanan (46) se vriende uit die bloute aangekeer is.

“Ek het gedink hulle is vergete,” het Smith se weduwee onder die skuilnaam Lynette aan Saturday Star gesê.

Die verdagtes, Kenneth Schroder en Paul Mundel, gaan nou vir moord en roof verhoor word.

’n Hofsaak is egter baie naasbestaandes van vermoordes nie beskore nie.

Vir hulle is dit ’n pynlike werklikheid dat daar geen of min afsluiting van hul rou kan wees nie.

“Sy was die mens in my lewe vir wie ek die liefste was. Ek is vol haat en verbittering,” sê ­Johan Smit, pa van Anika. Hy sê dit gee hom gemoedsrus dat die polisie die saak nie wil los nie.

Hy verwerk sy gevoelens deur oor sy dogter te skryf, maar soms maak die herinneringe hom opstandig. “Ek is bly die doodstraf bestaan nie meer nie, want dit sou eintlik ’n genadedood wees vir haar moordenaar.

“My vraag is, wat het my kind gedoen dat sy met haar lewe moes boet?”



Ná Monique Valentine se dood het haar ouers, Joseph en Anita, en haar broer, Jerome, baie nader aan mekaar gekom.

“Dit help ons ook om ander te help wat deur dieselfde verlies gaan,” sê Joseph.

“Die saak is nou ’n sogenaamde cold case. As ek dit wil oplos, moet ek my kind se dood self ondersoek en as ek bewyse kry, dit aan die polisie gee.”



Vir Jan Lotz is daar geen sielkundige afsluiting oor sy dogter se dood nie. “My vrou het my daardie dag om 23:00 gebel: ­‘Inge is vanmiddag in haar woonstel vermoor.’ ’n Minuut voor 11 het ek alles gehad en ’n minuut ná 11 het ek niks gehad,” sê hy in ’n onderhoud met Freek Robinson.

“Ek en my vrou moet aangaan met ons lewe, maar ons kan nie as ons nie verstaan nie.”



Alice Polley erken sy maak die polisie moedeloos. “Ek bel hulle en skel hulle uit. Hoe kan hulle my kind se moordenaars nie vang nie?”



Vir Eric en Heather, die ouers van Mark Sandmann, het aanvaarding van hul oudste seun se dood met God se hulp gekom.

“God het vir ons berusting gegee. As ons vir die polisie moes wag om die skuldige te vang, of ’n regter om hom te vonnis, sou ons nooit berusting hê nie.

Hul skoondogter, Nina, wat ’n paar jaar gelede na Noorweë verhuis het waar sy oorspronklik vandaan is, rou nog baie.



Willie en Carol Aucamp se seer oor hul enigste kind is nog baie rou.

“Elke oggend word ’n mens teleurgesteld wakker oor nog ’n dag wat jy moet aanpak,” sê ­Carol.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Rieks Wilson sê... Vir die afduime kan ek maar net se, ek praat uit ondervinding. Ek was daar so 'n paar jaar terug. G'n verskil! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Mid - I.T Systems Administrator (JHB)

Gauteng
Datafin Recruitment
Market Related

Retail Manager

South Africa
Pronel Personnel Consultants Pietermaritzburg
R7000 - R8000

Desktop Engineer

Richards Bay
Student Temps & Pro Appointments
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.