Dit gaan vrot by Gariep se visteelstasie

2013-02-02 23:26

Water staan en vrot.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die toekoms van die omstrede visteelstasie by die Gariepdam in die Oranjerivier naby Colesberg, gebou ná beloftes van R100 miljoen van die Chinese regering, is onseker.

Annette Steyn, DA-woordvoerder oor landbou, het aan Rapport gesê dis doodstil in die splinternuwe gebou waar nog geen vissies geteel word nie.

Boonop wag vier Chinese kontrakteurs op die departement van landbou, bosbou en visserye om hul werk af te teken voordat hulle kan terugkeer huis toe en betaal kan word vir hul dienste in die Vrystaat.

Steyn het die teelplaas Woensdag besoek.

Volgens die projekplanne sou daar teen Desember met die eerste vingerlinge, of babavisse, begin teel word vir akwakultuurnavorsing, opleiding aan opkomende boere en voedselsekerheid.

Rapport het September verlede jaar berig dat die klimaat in die Vrystaat nie geskik is om tilapia te teel nie. Volgens die Chinese en Suid-Afrikaanse werkers met wie Steyn gepraat het, is hulle bekommerd omdat hulle intussen ook dieselfde verneem het. Dít terwyl die stasie by die Gariepdam spesiaal vir tilapia ingerig is.

Rapport het verlede jaar vasgestel van die werkgeleenthede wat geskep sou word deur die bou van die stasie het dadels gekom.

Selfs die meubels en rekenaars is van China.

Dié projek is luidens die departement van landbou die vlagskipprojek van ses akwakultuurprojekte wat aangepak is.

Dr. Mono Mashaba van die departement het in Augustus gesê dié projek is die verste gevorder van almal.

“Die gebou moet so spoedig moontlik aan die regering oorhandig word sodat die werk onmiddellik kan begin en die vorige teling (van karp en baber) hervat kan word,” het Steyn by navraag gesê.

Rapport
verneem die oponthoud met die oorhandiging van die gebou sloer op hoë vlak in die departement.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... So terloops, alle soorte terreur wat ons sien gebeur, het eers 'n oefenlopie in die midde ooste gehad... Dankie Rapport dat julle ons op hoogte hou...of nie... Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.