‘Dit is die laaste strooi, mnr. Zuma’

2012-11-17 23:28

Geagte president Zuma,

Ek het nooit kon dink om hierdie woorde te skryf nie: Ek dink baie sterk daaraan om my familie landuit te neem.

Eintlik sal dit nie vir my moontlik wees nie, want sien: Ek is ’n Afrikaan, nie as gevolg van my velkleur of deur my pa se lende nie. Ek is ’n Afrikaan, want ek het my oorgegee aan haar sjarme. Haar reuke, geure, haar koue Karooklip in die winter, haar snikhete Kalahari-somers; haar groen Boland en digte Zoeloeland. ’n Hoëveldse donderstorm en die grondreuk daarna. Veral haar lekker dag-vir-dag mense.

Ek sal nie oorleef in plekke soos Brittanje, Nieu-Seeland of Australië nie. Ek is ’n Afrikaan. Sy is my moeder. Ek het onder haar kombuistafel grootgeword.

Maar ek vrees vir my familie se lewe. Nie net vir die moontlike brutale verlies daarvan nie, maar ook oor die werk- en studiemoontlikhede wat hulle ontneem word.

Die onlangse stakings in die platteland is die laaste strooi.

U sien, ek het persoonlik die busse hier buite Robertson sien aankom en die vreemde mense wat uitklim. Uit een van die busse het buitebande gerol en dit is onder groot gelag rondgehop. ’n Middeljarige man het laggend ’n boksie vuurhoutjies geskud.

U weet, ek het buite Munsieville in Krugersdorp ’n necklacing gesien. Grusaam!

Daardie ander mense nou die oggend het rondgestaan en strek, net soos ek as ek van die Kaap af kom. Vra u polisiemense; hulle was daar. Die mans het soos roofdiere mense uit die wingerd gaan ruk om aan die optog deel te neem.

’n Mens is nogal geneig om in te gee as ’n reuse-man met ’n tweeduim hout-dropper dreigend bo-oor jou staan. Jong kinders is ma-loos gillend die wingerd en boorde in en van die plaaseienaars het hul werkers wegkruipplek gegee.

Die optog se struktuur was tipies Cosatu en ANC, met marshalls aan albei kante, leiersfigure wat opstook in die middel, agter nog mense wat as leiers aan optogte deelneem. Dis ’n ou-ou strategie wat destyds vir u gewerk het. U was toe in die buiteland. O ja, daar was baie drank ook!

Ek verstaan die verkiesing is volgende jaar en dit gaan al ’n rukkie taamlik oes met die ANC in die Wes-Kaap. U het iets nodig om die plaaswerkers aan u kant te kry. Maar die vasstel van die sektorale minimum loon vir plaaswerkers word deur u eie minister, Mildred Oliphant, beheer. Die boere kom dit eenvoudig na.

U dawerende stilte oor die dood van onskuldige mense en waardevolle infrastruktuur wat vernietig word, is skokkend en getuig van stille instemming.

Genugtig, dan pleit u party nog vir ’n boikot van Suid-Afrikaanse wyne. My ma sou sê: “Cutting off your nose to spite your face.”

U party mag maar kwaad wees vir die wynboere. Maar wat van die mense wat die bokse maak, die vervoer verskaf, die brandstof verkoop en: Wat van die 30% wat die regering aan doeane en aksyns gaan verloor?

U weet, ons bly nie in isolasie nie. Ons is deel van die wêreld en ons ondernemings is afhanklik van onder meer uitvoer en toerisme. Op die eerste dag van die sinlose opmars hier buite Robertson moes ek binne- én buitelandse toeriste na veiligheid help. Die troostelose Duitse egpaar se reddelose vraag: “But why? Where is the government?”

Ek het gesê die regering se vennote jaag die stryd aan sodat hulle die verkiesing kan wen. Maar nou ja: For the want of a nail, the kingdom was lost!

Ek is teleurgesteld in u en u regering. U kom nie u morele beloftes na nie. Dit is een ding om ’n mens ’n wasmasjien te belowe, maar om mense vals hoop in ruil vir hul kruisie te gee, kan nie vergewe word nie.

Hier is edel mense wat werklik swaarkry. Onthou net, hoe meer welvarend u kiesers is, hoe groter is die koek waaruit belasting betaal word.

Maar soos dit nou aangaan sal die partytjie nie lank hou nie. Ek kyk noord. Daar is ander lande in Afrika waar die leiers soos gewone mense op gewone vlugte klim. Dit kos hul belastingbetaler sowat R200 miljoen per jaar minder as ons s’n. Geld wat u as ’n loonsubsidie aan die plaaswerker kon gee.

Groete,
Johan Smit, Robertson

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
41 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-15°C Numerous showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-27°C Sunny. Warm. PE: 10-22°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SAIPA klerk

Pretoria
Express Employment Professionals (Pty) Ltd (Centurion)
R4 000 - R7 500 Per Month

Specialist Audit - For CA

Johannesburg
Express Employment Professionals (Pty) Ltd (Centurion)
R1 - R2 Per Month

Accountant

Johannesburg
Express Employment Professionals (Pty) Ltd (Centurion)
R16 000 - R19 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!